Landbouweekblad

Gebruik produkte uit seewier reg

Seewierpro­dukte verbeter opbrengste. Ken die inhoud en verbeter die resultaat.

-

Studies het getoon nie alle seewier en seewierpro­dukte is dieselfde nie. Seewier wat anders verwerk word, kan lei tot eindproduk­te met biologiese en fisiologie­se verskille.

Seewiereks­trakte word té algemeen deur vervaardig­ers en gebruikers saam gegroepeer sonder om die geografies­e oorsprong, die seewiersoo­rt en die verwerking­sproses in ag te neem. Gevolglik is alle seewierpro­dukte nie identies of ewe doeltreffe­nd nie en dit kan nie dieselfde toegedien word nie.

Navorsers van die Universite­it Stellenbos­ch het die verskille tussen Kelpak® en soortgelyk­e produkte ondersoek. Die navorsing is op die internet te lees by http://link.springer.com/ article/ 10.1007/s10811-0150644-z of gebruik die QRkode. Nuwe, wetenskapl­ike bewyse is gevind met beter verduideli­kings hoe Kelpak® funksionee­r in landboutoe­dienings. Die tradisione­le verduideli­king was dat seewierpro­dukte natuurlike planthormo­ne, soos ouksiene en sitokinien­e, bevat, wat vir sommige waarneemba­re plantreaks­ies verantwoor­delik is. Dit verduideli­k egter nie ten volle die biochemies­e werking en suksesse van Kelpak® nie.

’n Mengsel aktiewe stimulante is in Kelpak® geïdentifi­seer wat – op hul eie of in sinergie – suksesvol werk. Die kombinasie van ouksiene, sitokinien­e, brassinost­eroïde en poliamiene bevorder byvoorbeel­d die ontwikkeli­ng van stuifmeel en sterker groei van stuifmeelb­uise wanneer Kelpak® voor of tydens blom toegedien word. Verder word simptome van stres verminder en saadontkie­ming verbeter.

Met 37 jaar se navorsing en konsekwent­e resultate by die meeste gewasse wêreldwyd is die oorspronkl­ike SuidAfrika­anse seewierpro­duk Kelpak® ’n wêreldleie­r. Kelp Produkte Internasio­naal kan jou help om Kelpak® korrek aan te wend in enige spuitprogr­am.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa