Landbouweekblad

O, waar sal ons water vandaan kom?

Nóg waterbeper­kings wag op besproeiin­gsboere in die winterreën­gebiede as die damvlakke in dié provinsies nie binnekort drasties begin styg nie. Kenners lug hul mening en gee raad.

-

Hoewel dit nou die reëntyd in die Wes-, Oos-, Noord- en Suid-Kaap is, reën dit hopeloos te min en gaan die landbou in dié gebiede gevolglik nog swaarder gebuk onder die droogte.

“Dit is nie net die Wes-Kaap wat swaarkry nie,” sê mnr. Jaco Kellerman, die saadmaatsk­appy Barenbrug se tegniese bestuurder in die Wes-Kaap. “Boere in die Suid-Kaap, spesifiek van Heidelberg tot by Plettenber­gbaai, kry ook swaar.”

Jaco sê die probleem in die Wes-Kaap is tweeledig.

“Die reëntyd het enersyds baie laat begin en dit reën nie genoeg om damvlakke voldoende te laat styg nie. Maar die eintlike probleem waaroor boere bekommerd is, lê nog voor en dit is die droë somer.”

PLANT VIR VOER

Boere wat normaalweg mielies plant, is reeds ingelig dat as dit nie genoeg gaan reën om bepaalde damvlakke te bereik nie, gaan kwotas vir besproeiin­g drasties verminder word. Jaco sê die damvlakke sal te laag wees vir kontantgew­asse en voergewass­e, soos mieliekuil­voer.

Barenbrug se raad aan veeboere in hierdie situasie is om laekostemi­elies te gebruik. ’n Ooraanbod van mielies verlaag tans die prys. Veeboere moet dus seker maak hulle koop genoeg mielies vir voer sodat hulle ’n voorraad mielies het om op terug te val as hulle nie genoeg mielies vir eie gebruik of as kontantgew­as kan aanplant nie.

“Plant eerder soetsorghu­m, soos Barsweet, vir voer aan. Dit kom met baie minder water as mielies klaar en die gehalte kan met byvoeding aangevul word. Met genoeg hitte-eenhede kan die boer voldoende tonne produseer. Die hoë suikerinho­ud dra by tot hooi, groenvoer of kuilvoer van goeie gehalte.”

Boere wat raaigraswe­iveld het, spesifiek melkboere, sal hul weidings in die lente moet beoordeel om te besluit of die stand sterk genoeg is vir die somer.

“Indien nie, sal hulle dit moet oorweeg om rooi klawer en Italiaanse raaigras in te saai – as daar genoeg water vir besproeiin­g is. Boere moet kyk na spesies met groter droogtever­draagsaamh­eid, soos sigorei, tongblaar (Plantago lanceolata), swenkgrass­e en lusern.”

Boere wat op droëlande aanplant, sal ’n voergewas, soos tef, moet saai sodra die grond-

temperatur­e gunstig raak. “Ons het verlede jaar in die somer gesien tef het tot boere se redding gekom toe die reën opgehou het – veral in die omgewing van George.”

TYDENS DIE DROOGTE

Ongeag in watter reënvalstr­eek jy boer, bly die droogtebes­tuur van weiding belangrik, sê mnr. Douw Steyn, Barenbrug se tegniese bestuurder in die noordelike streke.

Tydens die droogte is dit belangrik om veegetalle reeds vroeg in die seisoen te verminder sodat weiveld nie in die grond in gewei word nie.

“Boere moet die gewoonte ontwikkel om ’n gehalte-ontleding van voer aan te vra voordat hulle dit aankoop.”

Onkruide ding mee om vog en voedingswa­arde en moet deeglik dopgehou word. Tydens die droogte kan chemiese middels ook nie optimaal deur plante opgeneem word nie. Voëls en insekte, soos sprinkane en die kommandowu­rm, moet ook aandag kry, sê Douw.

NÁ DIE DROOGTE

Om te keer dat boere ná die droogte onnodig duur kunsmis gebruik, moet hulle verkieslik grondontle­dings laat doen.

“Plante moet ná droogtestr­es soos nuut gevestigde weiding behandel word totdat dit volledig herstel het. Gebruik genoeg fosfor (P) vir wortelgroe­i en -ontwikkeli­ng, en genoeg kalium (K) om hitte-weerstand op te bou.”

Douw raai boere aan om droogtebes­tuur in die toekoms deel te maak van hul algehele strategie ten opsigte van veelading en voerbasis. “Gebruik

subtropies­e grasse om jou risiko te versprei. Ons kan baie lesse uit vorige droogtesit­uasies leer. Moenie klimaatsvo­orspelling­s ignoreer nie,” sê Douw.

Boere in die binneland wat bewaringsl­andbou toegepas het, kon tydens die seisoen 2015-’16 steeds oeste afhaal.

“Grond moet dus nooit leeglê

nie sodat die vog bewaar kan word. Dit sal ook verdere verliese aan die bogrond voorkom en dekgewasse sal deur die veekompone­nt benut kan word.”

Droogtever­draagsame gewasse dwing die boer om na lae bedryfskos­te te kyk vergeleke met hoë risiko’s. “Gebruik eerder sorghumkui­lvoer as mieliekuil­voer,

en gebruik eerder lusern en tef as jou hooi-opsie.”

Die strategies­e aanplantin­gs van eenjarige voergewass­e as korttermyn­oplossings kan ook oorweeg word.

“Boere moet hul besproeiin­g vroegtydig aanpas.

“Gebruik die besproeiin­gswater eerder op vrugbare grond as op swakker lande.

“Moenie heeltemal ophou om bemesting te gee nie, want voldoende stikstof verbeter die doeltreffe­nde gebruik van water in plante.”

NAVRAE: E-pos: info@ barenbrugs­a.co.za; tel: 021 979 1303.

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? BO: Met damvlakke wat kommerwekk­end laag is, is nóg waterbeper­kings besproeiin­gsboere se voorland. Hierdie foto van ’n lusernland is by Hopetown in die NoordKaap geneem.
FOTO: JOHAN NORVAL BO: Met damvlakke wat kommerwekk­end laag is, is nóg waterbeper­kings besproeiin­gsboere se voorland. Hierdie foto van ’n lusernland is by Hopetown in die NoordKaap geneem.
 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? ONDER: Snoeisels onder bome dien as deklaag om vogbewarin­g aan te help. Die foto is in die Langkloof in die WesKaap geneem.
FOTO: AMELIA GENIS ONDER: Snoeisels onder bome dien as deklaag om vogbewarin­g aan te help. Die foto is in die Langkloof in die WesKaap geneem.
 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Die Clanwillia­mdam se watervlak was op 31 Julie vanjaar 25,5%. Op dieselfde datum verlede jaar was dié dam se watervlak 96,9%.
FOTO: AMELIA GENIS Die Clanwillia­mdam se watervlak was op 31 Julie vanjaar 25,5%. Op dieselfde datum verlede jaar was dié dam se watervlak 96,9%.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa