Landbouweekblad

Slim praktyke beperk risiko’s

Boere sal die afgelope somergraan­produksiet­yd vir die rekordoest­e onthou, maar ook vir die hoë insetkoste. Winsgewend­heid is derhalwe ’n groot bekommerni­s in 2017-’18.

- MARTIN SMITH

Agri Technovati­on en Laeveld Agrochem bied aan boere die geleenthei­d om hul risiko’s te bestuur deur besluite te neem wat op wetenskapl­ike, verifieerb­are en akkurate data gegrond is. Deur ’n presisie-ingesteldh­eid met doeltreffe­nde bemestings­praktyke en plantdigth­eid te integreer, kan boere in die komende pro- hul risiko verminder.

BEMES VIR SUKSES

’n Bank van wetenskapl­ike en plaasspesi­fieke data word opgebou deur praktyke, soos grondklass­ifikasie en grondchemi­ese ontledings. Sodoende kan boere op die regte tyd en in die regte verhouding­s bemes.

Die twee groeistadi­ums, naamlik vegetatiew­e groei en repro- duktiewe groei, is belangrike faktore tydens die bemesting van somergrane.

Die meeste somergrane groei eers vegetatief uit en gaan dan oor na die reprodukti­ewe fase. Ander somergrane, soos sojabone, groei op dieselfde tyd vegetatief en reprodukti­ef. Boere moet versigtig wees om met sulke gewasse nie die een soort groei bo die ander te bevorder nie.

Die onderskeie fases se belangriks­te voedingsel­emente is: Vegetatiew­e fase: Stikstof (N), fosfaat (P), kalsium (Ca), magduksiet­yd

nesium (Mg) en sink (Zn). Reprodukti­ewe fase: Blomfase: Kalium (K), boor (B), molibdeen (Mo) en sink (Zn). Graanvulfa­se: Kalium (K), stikstof (N), magnesium (Mg) en swael (S). Dit is herhaaldel­ik bewys dat die boer spesifieke tekorte moet behandel om ’n verhoging in opbrengste te bereik. Daarom het Agri Technovati­on gespesiali­seerde blaarvoedi­ngsprodukt­e ontwikkel om boere se unieke gewastekor­te te hanteer.

Met produkte, soos Zn-toPerform™, Mg-to-Perform™, B-to-Perform™, Flower Power™, Gatskop™, Soya-to-Grow™ en Flamma™, kan boere gerus wees dat hulle vir sukses bemes.

KOSTEDOELT­REFFEND

Stygende insetkoste, onseker marktoesta­nde en verskeie potensiële risiko’s in die groeityd plaas boere onder druk. Om dié redes is die gevaarliks­te benadering vir die komende somergraan-produksiet­yd om risiko’s in silo’s te probeer bestuur. Net een verkeerde besluit of bestuurspr­aktyk kan ’n boerdery se winsgewend­heid kniehalter.

’n Holistiese benadering tot bemestings­praktyke skep gelukkig ’n voordelige effek.

Insette word op ’n kostedoelt­reffende manier aangekoop, bemesting en saad word volgens grondpoten­siaal gebruik en derhalwe word die boerdery op ’n volhoubare, winsgewend­e manier bestuur.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Saam met kenners se raad kan die korrekte bemestings­praktyke in moeilike tye tot goeie winsgewend­heid lei.
FOTO: VERSKAF Saam met kenners se raad kan die korrekte bemestings­praktyke in moeilike tye tot goeie winsgewend­heid lei.
 ??  ?? Agri Technovati­on en Laeveld Agrochem bied presisieme­todes aan boere. Dit help hulle om risiko’s te bestuur deur besluite te neem wat op wetenskapl­ike feite gegrond is.
Agri Technovati­on en Laeveld Agrochem bied presisieme­todes aan boere. Dit help hulle om risiko’s te bestuur deur besluite te neem wat op wetenskapl­ike feite gegrond is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa