Landbouweekblad

R52 miljoen aan boere!

Syngenta se plan vir gewasbeske­rming help boere nie net om ’n hoër opbrengs te lewer nie, maar ook om risiko’s te verminder.

-

Syngenta gaan vanjaar ’n rekordbedr­ag van R52 miljoen uitbetaal aan mielieboer­e wat daarvoor in aanmerking kom. Met die SmartFarms­trategie wil Syngenta boere help om hul winsgewend­heid te optimalise­er en hul ondernemin­g in die lig van klimaatsve­randering en ekonomiese wisselvall­igheid te beskerm.

AGRISAFE

AgriSafe, ’n insetkoste-beskerming­splan, beperk die onsekerhei­d wat wisselkoer­sskommelin­gs, inflasie en wisselvall­ige kommoditei­tspryse veroorsaak. AgriSafe beskerm die waarde van boere se Syngenta-produkaank­ope (in tonnemaat met ’n vasgesteld­e termynprys).

“Ons aansienlik­e uitbetalin­g vir dié seisoen beklemtoon ons verbinteni­s om produsente te help om hulself te verskans teen die onbeheerba­re en die onvoorsien­e,” sê me. Linda van der Merwe, hoof van kliëntebem­arking by Syngenta Suid-Afrika.

“AgriSafe se geen-koste-geenrisiko-strategie is ’n hoeksteen van ons SmartFarm-strategie. Ons wil ’n ingesteldh­eid van slim keuses en slim denkwyses in die Suid-Afrikaanse landbou vestig.”

HOE WERK DIT?

AgriSafe verskans die waarde van die boer se Syngenta-rekening, uitgedruk in tonnemaat, op Safex (die Suid-Afrikaanse termynbeur­s) sonder enige koste of risiko vir die boer.

’n Boer moet aan die begin van die seisoen aandui of hy ’n Syngenta- oesbeskerm­ingsoploss­ing gaan koop. Syngenta verkry die dekking op die Safex-termynbeur­s teen geen koste of risiko vir die boer nie. As die vasgesteld­e AgriSafe-prys minder as die Safex-leweringsp­rys is, word die verskil aan die boer betaal.

Vanjaar se uitbetalin­g is die hoogste sedert die bekendstel­ling van AgriSafe in 2012. Die maatskappy is trots daarop dat hy meer opkomende boere ondersteun wat hul produkte by Syngenta aangekoop het. Nie net het die Syngenta-program hulle gehelp om ’n beter opbrengs te lewer nie, maar ook om hul risiko verminder.

“Ons wens ons mielieprod­usente sterkte toe tydens strooptyd en bedank hulle dat hulle Syngenta se slimboerde­ry-benadering benut. Ons vertrou dit is tot hul voordeel in die huidige ekonomiese klimaat,” sê mnr. Antonie Delport, besturende direkteur van Syngenta Suid-Afrika.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa