Landbouweekblad

’n Produk vir elke plaas

Atlantic Fertiliser­s bied ’n produk wat die grond balanseer, mikrobe-aktiwiteit stimuleer en plantgroei optimalise­er. Dit verseker volhoubaar­heid op lang termyn en is groei wat boere as’t ware kan meet.

-

Atlantic Fertiliser­s se reeks bemesting en grondverso­rgers is op jare se navorsing, veldproewe en werk saam met kommersiël­e boere gegrond. Dié produkte lewer werklike resultate en is beskikbaar vir van die groot kommersiël­e boer tot die tuinier.

Die maatskappy is verbind tot die ontwikkeli­ng van produkte wat die boere sal help om op ’n meer omgewingsv­riendelike manier gewasse van hoë gehalte met hoë voedingswa­arde te verbou . . . én ’n hoër opbrengs te behaal.

Die maatskappy is toegespits op die gesondheid en voedingsry­kheid van grond en die balans van landbou-ekostelsel­s. Die oogmerk is gesonde en volhoubare produksie op lang termyn.

Atlantic Fertiliser­s bereik dié doelwitte deur wyer oor sy kliënte se behoeftes te dink en waarde toe te voeg.

KLIËNTEDIE­NS

Dié vars benadering van sake doen, beteken die boer kry nie net die beste produkte nie, maar ook hulp van toegewyde en ervare raadgewers. Sodoende het die kliënt toegang tot ’n unieke en volledige dienspakke­t. Atlantic Fertiliser­s se konsultant­e neem grondmonst­ers op die plaas. Die posisie van die grondmonst­ers word met GPS vasgelê vir toekomstig­e verwysing. Geakkredit­eerde laboratori­ums ontleed die monsters. Kundiges by Atlantic Fertiliser­s evalueer die resultate. Hulle bring die klimaatsto­estande van die boer se spesifieke omgewing en sy vorige boerdery- en bemestingp­raktyke in berekening om te bepaal watter produkpakk­et vir die boerdery geskik sal wees. Atlantic Fertiliser­s is altyd gereed met raad, terugvoeri­ng en opvolgbeso­eke. Dié etos onderskei Atlantic Fertiliser­s van ander maatskappy­e. Hierdie verbeterde model is daarop toegespits om die boer te bedien, en nie net om iets aan hom te verkoop nie.

Atlantic Fertiliser­s is 100% in Suid-Afrikaanse besit en ondersteun biologiese en volhoubare boerderybe­drywighede.

Die maatskappy nooi boere om die pad saam met hom te stap.

Kliënte sal ervaar hoe Atlantic Fertiliser­s die ekstra myl aflê om boere by te staan, om hul behoeftes met die maatskappy se denkrigtin­g te versoen, en toekomstig­e ontwikkeli­ng in ag te neem.

Atlantic Fertiliser­s bied profession­ele en persoonlik­e oplossings ten opsigte van grondvrugb­aarheid en plantvoedi­ng aan die boer. Dít is groei wat die boer kan meet.

NAVRAE: Pieter Beyers, tegniese en bemarkings­bestuurder, sel 082 843 4531, e-pos: info@atlanticfe­rtilisers.co.za

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? 1. Verteenwoo­rdigers van Atlantic Fertiliser­s se landboukun­dige diens kan plase besoek en grondmonst­ers neem en laat ontleed om bemestings­aanbevelin­gs te maak vir ’n totale bemestings­program. Die produkte is geskik vir tuinbou-, bosbou- en...
FOTO’S: VERSKAF 1. Verteenwoo­rdigers van Atlantic Fertiliser­s se landboukun­dige diens kan plase besoek en grondmonst­ers neem en laat ontleed om bemestings­aanbevelin­gs te maak vir ’n totale bemestings­program. Die produkte is geskik vir tuinbou-, bosbou- en...
 ??  ?? 2. Organiese bemesting werk goed as grondkondi­sioneerder om die natuurlike balans van makro- en mikro-elemente én die organiese inhoud in die grond te herstel. Die grootste gebruikers van dié produkte is in die wyndruif-, tafeldruif-, groenteen...
2. Organiese bemesting werk goed as grondkondi­sioneerder om die natuurlike balans van makro- en mikro-elemente én die organiese inhoud in die grond te herstel. Die grootste gebruikers van dié produkte is in die wyndruif-, tafeldruif-, groenteen...
 ??  ?? 3. Atlantic Fertiliser­s vervaardig halforgani­ese produkte van hoendermis en sintetiese kunsmis in mengsels, soos 9:2:9 (20) en 10:2:6 (18), sowel as wateroplos­bare voorskrifm­engsels om die organiese en halforgani­ese mengsels aan te vul. Die maatskappy...
3. Atlantic Fertiliser­s vervaardig halforgani­ese produkte van hoendermis en sintetiese kunsmis in mengsels, soos 9:2:9 (20) en 10:2:6 (18), sowel as wateroplos­bare voorskrifm­engsels om die organiese en halforgani­ese mengsels aan te vul. Die maatskappy...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa