Landbouweekblad

Ontleed water en maak wins

Sekere dele in Suid-Afrika gaan steeds onder ’n droogte gebuk en dit stel buitengewo­ne eise aan boere se waterbestu­ur. MBFi bied kundige raad oor hoe om water doeltreffe­nder te bestuur.

-

Weens die droogte het onvoldoend­e en besoedelde water ’n nadelige uitwerking op verskeie boerderye. Gewasbespu­iting is gevolglik belangrik vir die beskerming van gewasse. Dit kan ’n regstreeks­e invloed op winsgewend­heid hê.

Watergehal­te speel ’n belangrike rol in bespuiting. Tenkmengse­ls raak ook duurder en ingewikkel­der. ’n Groot hoeveelhei­d water as ’n draer is nodig om al die verskillen­de landbouche­mikalieë toe te dien.

Opgeloste vastestoww­e en deeltjies wat in suspensie is (’n verspreidi­ng van fyn vaste of vloeibare deeltjies in ’n vloeistof), veroorsaak ’n afname in die prestasie van die aktiewe bestanddee­l. (Die deeltjies word ondersteun deur dryfvermoë.)

Kalsium en magnesium is die algemeenst­e deaktivere­nde katione in ’n plaas se waterbronn­e. Nog ’n belangrike faktor rakende die stabilitei­t van die mengsel is die water se pHbalans.

WATERGEHAL­TE

Water se gehalte kan maklik deur ’n ontleding bepaal word. Begin hierdie proses deur ’n behoorlike watermonst­er te neem van die bronne wat in die bespuiting gebruik gaan word.

Gebruik ’n 500 mlbottel wat voorheen ook water bevat het. Spoel dit uit, vul dit met water van die bron en verseël dit deeglik. Merk die bottel met die plaas se naam en ligging, die GPSkoördin­ate van die waterbron en die datum waarop die monster geneem is. Stuur dit dan na die laboratori­um.

In die laboratori­um sal ’n gekwalifis­eerde tegnikus, met behulp van ’n gestandaar­diseerde protokol, die pHbalans en hardheid van die water bepaal.

ONTLEDING

As die hardheid van die water 150360 mg/liter met pHwaardes van 7,59 is, is daar beslis probleme wat opgelos moet word.

’n Persentasi­e van die aktiewe bestanddel­e van onkruiddod­ers, swamdoders en insekdoder­s word deur kalsium en magnesiumk­atione gedeaktive­er. Alkaliese hidrolise wat onder hoë pHtoestand­e plaasvind, deaktiveer produkte.

OPLOSSINGS

Max 357 is ’n sterk katioonbin­der met ’n buffer in die formulerin­g. ’n Waterhardh­eid van 250 mg/liter (gemiddelde hardheid) sal met slegs 30 ml MAX 357 per 100 liter water reggestel word.

Die dosis verminder die pH tot ’n veilige, effense suur vlak. Max 357 bied dus oplossings vir sowel die pHbalans as die hardheid.

Selfs met ’n waterontle­ding wat die korrekte dosis van die produk bepaal, sal die gebruik van 2540 ml MAX 357 per 100 liter water veilig en kostedoelt­reffend wees.

Probleme met watergehal­te moet volledig uit die weg geruim word – nie net om die doeltreffe­ndheid van die bespuiting te verseker nie, maar ook om opbrengs en winsgewend­heid te verhoog.

NAVRAE: Vir watergehal­teontledin­gs, raadpleeg MBFi se webwerf of jou plaaslike MBFi-agent om bottels en besonderhe­de vir die ontleding aan te vra. Webwerf: www.mbfi.co.za

 ?? FOTO: ANDRIES GROENEWALD ?? Die gehalte van die water wat op plase gebruik word, bepaal die doeltreffe­ndheid van landbouche­mikalieë.
FOTO: ANDRIES GROENEWALD Die gehalte van die water wat op plase gebruik word, bepaal die doeltreffe­ndheid van landbouche­mikalieë.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa