Landbouweekblad

BESPROEIIN­G MET MIN WATER

-

In die lig van die droogte en moontlike verdere waterbeper­kings moet boere in die Wes, Oos, Suid en NoordKaap hul besproeiin­gsopsies nog fyner beplan. Mnr. Deon van Staden, ’n besproeiin­gsontwerpe­r van Die Kooperasie, gee die volgende wenke:

■ Herstel alle lekke self, al is dit

net ’n pyp of kraan wat drup.

■ Vervang spuitkoppe. Koper moet elke jaar vervang word. Plastiekko­ppe moet minstens elke vier jaar vervang word.

■ Besproei in die nag, want die

verdamping is dan minder.

Moenie besproei wanneer sterk winde waai nie.

■ Skoffel tussen boorde vir onkruid, want dit is groot waterverbr­uikers.

■ Moenie oorbesproe­i nie. Water wat verby die wortels is, is weg.

■ Water moet eweredig toegedien word. Op sekere plekke moet daar nie te veel en ander weer nie te min water toegedien word nie.

■ Ken jou plant (worteldiep­te, gewasfakto­r, ens.).

■ Toets die grondvog met ’n steekyster.

■ By boorde moet water by die druparea gegee word waar die meeste, gesonde wortels is en nie teen die stam nie.

■ Gooi boombas, skaafsels, droë gras of kompos om uitdroging deur die son te laat voorkom.

■ Snoei bome terug en pluk klein vruggies af in tye van erge droogtes.

■ Plaas boorde onder nette en

bespaar só tot 20% water.

■ In erge droogte moet water in die beste boorde toegedien en ander boorde dormant gelaat word.

■ Beweeg self meer gereeld deur die boorde en moenie op die tegnologie alleen staatmaak nie. Dan alleen kan beter besluite geneem word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa