Landbouweekblad

GEBRUIK WATER SLIM

-

Growsmart se Precision VRI-besproeiin­gstelsel help jou om presies die regte hoeveelhei­d water vir spesifieke gedeeltes op jou lande toe te dien. Dit verseker volle beheer om opbrengste en winsgewend­heid te maksimalis­eer, sê mnr. Adam Olivier, FieldNET-diensbestu­urder vir Afrika. Die stelsel is geïntegree­r met FieldNET-besproeiin­gsagteware en bied volledige afstandspi­lpuntbehee­r.

BESPARINGS

Proefnemin­gs toon ’n besparing van tot 27% aan besproeiin­gswater vir melkeryen veldgewass­e is moontlik.

■ Water word bespaar deur besproeiin­g by die grondkenme­rke aan te pas en die natmaak van onprodukti­ewe grond te vermy. Die water wat bespaar word, kan na ander dele van die plaas herverspre­i word.

■ ’n Afname in kragverbru­ik lei tot energiebes­parings.

FUNKSIONEE­L

Jy het VRI nodig indien jy:

■ Verskillen­de gewasse of gebiede sonder gewasse onder besproeiin­g het;

■ Verskillen­de grondtipes het;

■ Hoë aflooparea­s het;

■ Lae gebiede het;

■ Geboue, spore, dreine of paaie onder jou spilpunt het;

■ Omgewingsg­evoelige gebiede het;

■ Chemikalie­ë, bemestings­towwe of afvalwater deur jou spilpunt kan toedien.

VEELDOELIG

Precision VRI is aanpasbaar met spilpunt-, laterale, spilpuntla­terale en omgekeerde spilpunt-laterale besproeiin­g. Dit kan op nuwe besproeiin­gstelsels geïnstalle­er of by bestaande stelsels gevoeg word.

Die Precision Irrigation se span het uitgebreid­e kennis en ervaring om te verseker jou VRI-stelsel is pasgemaak vir jou plaas se behoeftes.

NAVRAE: Tel. 021 986 8900.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa