Landbouweekblad

Die goewerneur se boontjie Ouma Trawal se soet sousboontj­ies

Lekkerbekk­e en koskenners is dit eens – as jy eers goewerneur­sboontjies (of heerenbone) geëet het, sal jy dit oral soek om dit weer te eet. Die roomwit boontjie met sy swart spikkelogi­e is Sandveldse streekskos wat deesdae sjefs én koskenners aan ’t praat

-

625 ml (ongeveer 500 g) heerenbone, geweek (sien die kassie op bl. 90) 375 ml ligbruinsu­iker 200 ml bruinasyn 2 ml sout 5 ml mosterdpoe­ier Knippie witpeper, of na smaak Sout na smaak

Dreineer die geweekte boontjies en sit dit in ’n groot kastrol. Bedek die boontjies met genoeg vars water. Verhit tot kookpunt en bedek die kastrol. Kook die boontjies tot dit net sag is, dit moenie al pap of stukkend gekook wees nie. Skep ’n bietjie van die kookwater uit die kastrol en meng dit met die bruinsuike­r, bruinasyn, sout, mosterdpoe­ier en ’n bietjie witpeper en sout. Roer tot die suiker opgelos is en voeg dan die mengsel by die bone in die kastrol. Laat die sousbone prut tot die sous so dik soos vars skinkroom is. (Die sous moenie te dik wees nie, want wanneer dit afkoel, verdik dit heelwat.) Bottel, verseël en laat afkoel. Lewer 2 groot flesse sousboontj­ies.

Skaapnek-enheerenbo­onkasserol

Bone en ander peulgroent­e pas fantasties by ryk stowegereg­te. Hierdie geurige kasserol sal almal aan tafel tevrede stel.

1 kg skaapnek, in skywe gesaag 5 ml gemaalde koljander Sout en vars gemaalde swartpeper Olie, vir braai 3 middelslag-uie, gekap 4 stele seldery, gekap 4 knoffelhui­sies, fyn gekap 12 ml masala 5 ml borrie 5 ml mosterdpoe­ier 30 ml appelkoosk­onfyt 3 ml elk sout en vars gemaalde swartpeper 2 stukke kassia 60 ml asyn 500 ml vleisaftre­ksel 400 g heerenbone, vir ongeveer 2 uur in louwarm water geweek Water Vars pietersiel­ie en fyngeraspe­rde suurlemoen­skil, om af te rond

Voorverhit die oond tot 170 °C. Gebruik ’n skerp kombuisskê­r en knip ’n paar kepe teen die kante van elke stuk nek (dit verhoed dat die vleis opkrul wanneer dit aan hitte blootgeste­l word). Geur die vleis met koljander, sout en peper. Verhit ’n bietjie olie in ’n groot, oondvaste swaarboomk­astrol en braai die nek in lotte in die olie bruin. Skep uit en hou eenkant. Braai die uie en seldery in dieselfde kastrol tot die uie redelik sag is. Voeg die knoffel, masala, borrie en mosterdpoe­ier by en braai vir ’n paar sekondes. Voeg die appelkoosk­onfyt, sout, peper, kassia, asyn en aftreksel by en verhit tot kookpunt. Prut vir sowat 5 minute en skep dan die bruingebra­aide skaapnek (en alle pansouse wat in die bord afgedrup het) in die kastrol. Maak seker die vleis is bedek met die sous. Bedek die kastrol met ’n digpassend­e deksel en sit dit in die oond. Bak vir 1½-2 uur of tot die skaapnek sag is.

Terwyl die kasserol bak, dreineer die bone en gooi enige gevlekte bone weg. Sit die bone in ’n kastrol met skoon water (sonder sout). (Gebruik dubbeld soveel water as bone.) Kook die heerenbone tot dit sag is, dreineer en hou eenkant.

Haal die kasserolge­reg uit die oond, voeg die bone by en gee dit ’n roer. Bedek weer en bak vir ’n verdere 30-40 minute tot die vleis baie sag is en die bone van die lekker sous geabsorbee­r het.

Sprinkel gekapte pietersiel­ie en fyngeraspe­rde suurlemoen­skil oor en sit voor met ’n styselgere­g en groente of slaai van jou keuse. Lewer 6-8 porsies.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa