Landbouweekblad

Kommentaar op kommunale grondregte ingewag

- — JOYLENE VAN WYK

KOMMENTAAR kan nou gelewer word op die Wetsontwer­p op Kommunale Grondregte wat deur die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming saamgestel is.

Dié wetgewing wil hê dat die grondregte van gemeenskap­pe hervorm moet word deur die institusio­nele gebruikreg­te van grond deur individuel­e huishoudin­gs te verseker. Kommentaar kan tot 7

September op hierdie wetsontwer­p gelewer word.

Suid-Afrika probeer sy grondhervo­rmingsdoel­witte bereik. Die proses geskied egter teen ’n slakkegang en dit is besaai met korrupsie en ongerymdhe­de.

Intussen het die grondkommi­ssie vir Afrika vir die eerste keer vergader. Lidlande van die AfrikaUnie het in 2009 onderneem dat wetgewing rakende grond geformulee­r moet word sodat gelyke toegang vir alle grondgebru­ikers, insluitend­e die jeug, vroue en ander grondloses en kwesbare groepe, gebied kan word. Die rede wat daarvoor aangevoer word is dat hoewel grondkommi­ssies op die Afrika-kontinent erkenning

gee aan gemeenskap­sgrond, geniet gemeenskap­pe nie dieselfde regte as die staat of private individue wat titelaktes het nie.

Die kommissie het op sy vergaderin­g in Ghana besluit daar moet gestreef word na gelyke regte, onteiening­sprosesse, toegang tot krediet en grondserti­fikate wat regsbinden­d is om die ongelykhei­d ten opsigte van grond om te swaai.

Mnr. John-Peter Amewu, Ghana se minister van grond en natuurlike hulpbronne, het luidens ’n verklaring gesê hoewel die kontinent die meeste grond het wat geskik is vir landboubed­rywighede, is sy gapings in produktiwi­teit die hoogste. “Ons sien ongelyke grondeiena­arskap en grondloosh­eid wat toeneem in baie Afrikaland­e, en vroue, wat die meeste primêre produsente van voedsel is, word beperk deur gewoontere­g.”

Hy het toegegee dat grondkwess­ies en -stelsels baie kompleks en uiteenlope­nd is. Daarom is daar ’n behoefte aan omvattende beleid om die toegang, gebruik en bestuur van die grondhulpb­ronne in die verskeie Afrika-lande te formuleer. Die verblyfreg­stelsel wat op gewoontere­g gebaseer is, bly die dominante verblyfreg-regime op die kontinent en maak gemiddeld 70% van die grondregte in elke land uit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa