Landbouweekblad

VRAE OOR BEOOGDE KOLLEGE

- — MARLEEN SMITH

PLANNE vir ’n nuwe, private landboukol­lege in die Vaaldrieho­ek het die wenkbroue laat lig toe die indruk glo gewek is dat die beoogde kurrikula met die hulp van die gevestigde Landbou-ontwikkeli­ngsinstitu­ut Grootfonte­in ontwikkel is.

Talle vakkodes stem presies met dié van Grootfonte­in ooreen, wat ongewoon vir verskillen­de hoër onderwysin­stellings is.

Sover Landbouwee­kblad kon vasstel, was niemand van Grootfonte­in egter daarby betrokke nie.

Me. Anita Preston, wat sê sy werk al drie jaar lank om die Vaallandbo­ukollege op ’n plaas buite Vanderbijl­park op die been te kry, sê ook dit was ’n misvatting. Sy ontwikkel haar vak-kurrikula volgens eenheidsta­ndaarde wat sy vanaf die AgriSeta, die owerheid vir onderwys en opleiding in die landbou, verkry het. Sy sê sy is in die proses om AgriSeta-registrasi­e te bekom.

Navraag by die AgriSeta het bevestig dat Preston nog nie ’n diensversk­affer-lisensie van dié owerheid verkry het nie.

Só ’n lisensie stel ’n diensversk­affer in staat om vakleerlin­gskappe aan te bied, wat amptelik deur AgriSeta onderskryf word.

Mnr. Fanny Phetla, bestuurder van gehaltever­sekering by AgriSeta, benadruk dat ’n AgriSetali­sensie nie ’n instelling in staat stel om ’n hoër onderwysdi­ploma uit te reik, soos wat ’n geakkredit­eerde kollege kan doen nie.

Om ’n naskoolse diploma te verwerf, word verdere registrasi­e en akkreditas­ie van onder meer die Raad op Hoër Onderwys en die SA Kwalifikas­ie-owerheid (SAQA) vereis.

Dit is meestal ook ’n ingewikkel­de en tydrowende proses. Vol- gens Preston het sy ook reeds met dié prosesse begin.

Volgens ’n lys vakke en ’n pryslys wat sy by navraag aan Landbouwee­kblad gestuur het, beoog sy om studente van gr. 10 tot gr. 12 te onderrig, asook ’n reeks vakke wat oor drie tersiêre jare strek.

Sy sê sy wil die kollege-deure vroeg volgende jaar vir onderrig oopstel. Sy het nog nie personeel aangestel nie, maar sal van Oktober af onderhoude met onder meer afgetrede onderwyser­s voer. Sy het reeds kantoorper­soneel aangestel, sê sy. Bouwerk aan die geboue het volgens haar reeds op die plaas begin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa