Landbouweekblad

GRONDBONE TEL WEER KOP OP

-

Suid-Afrikaanse grondboon produksie het herstel ná‘ n mistroosti­ge vorige seisoen waarin die land se voorste grondboon produseren­de provinsies, die Vrystaat en Noordwes, weens droogte tot bykans misoeste van dié oliesaad verdoem het.

Volgens die jongste oesskattin­g word ’n nasionale oes van 90 550 ton verwag. Dit is meer as die eerste skatting van 88 000 ton.

In die vorige seisoen het die nasionale oes op ’n laagtepunt van 19 000 ton gedraai.

Vanjaar se verwagte oes sluit 37 800 ton uit Noordwes en 34 100 ton uit die Vrystaat in.

Die jongste skatting beteken ’n binnelands­e oorskot van 22 000 ton kan hierdie bemarkings­eisoen gelewer word teenoor die vorige jaar toe grondbone ingevoer moes word weens ’n tekort van 7 000 ton.

Suid-Afrikaanse aanplantin­gs van dié peulplant is deesdae veel minder as die 1980’s toe van 100 000 ha tot 300 000 ha per jaar aangeplant is.

Teen die middel 1990’s het dit die eerste keer tot onder die 100 000 ha-merk gedaal. Die enigste uitsonderi­ng was in 2000 toe 165 250 ha aangeplant is.

Vanjaar is 56 000 ha aangeplant teenoor 22 600 ha die vorige jaar.

Suid-Afrika bly steeds klein in die wêreldmark vir grondbone. China, die wêreld se grootste grondboon produseren­de land, lewer me eras 13 miljoen ton per jaar. Dit is sowat 37% van die wêreldoes. Afrika is wel die vasteland wat die naasmeeste grondbone lewer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa