Landbouweekblad

GOEIE PRYSE VIR AVOKADO’S

- — JASPER RAATS

’n Sterk vraag na avokado’s op plaaslike én internasio­nale markte wat pryse hoër druk, help omte vergoed vir die kleiner oes van vanjaar. Die SA Avokado kwekers vereniging het onlangs sy oesskattin­g van 12,5 miljoen kartonhoue­rs vir vanjaar afwaarts aangepas tot 11,5 miljoen kartonhoue­rs.

Mnr. Derek Donkin, voorsitter van Subtrop (die sambreelli­ggaam vir subtropies­e gewasse), sê daar is verskillen­de faktore wat die avokadooes vanjaar beïnvloed, waarvan die grootste die droogte van 2016 was.

Donkin sê van die boorde by Tzaneen wat verlede jaar onder hael deurgeloop het, het ook nog nie heeltemal herstel nie.

Hy sê die toekoms vir avokado’s bly nietemin rooskleuri­g.

SuidAfrika se aanplantin­gs groei bestendig teen omtrent 1 000 ha per jaar.

Verskeie kwekerye brei nou uit om meer avokadobom­e te kan lewer.

Daar is ook nuwe kwekerye wat die lig sien. Dit sal alles help om die lang wagtyd vir nuwe avokadobom­e te verkort.

SuidAfrika­anse kwekers brei uit na lande, soos Mosambiek en Tanzanië, terwyl ’n groep Zambiese graanboere onlangs besoek aan Subtrop afgelê het om ondersoek in te stel na die potensiaal van avokado’s, makadamias en mango’s as alternatie­we gewasse vir mielies en soja.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa