Landbouweekblad

NÓG GOEIE NUUS OOR TREKKERVER­KOPE

- — JAN BEZUIDENHO­UT

Trekkerver­kope van 502 eenhede in Julie is aansienlik (11%) meer as die 451 eenhede wat verlede Julie verkoop is, sê mnr. Lucas Groenewald, voorsitter van die SA Landboumas­jinerie-assosiasie.

Vir die jaar tot dusver is trekkerver­kope 4% hoër as verkope in die ooreenstem­mende tydperk verlede jaar, sê Groenewald in ’n verklaring. “Stroperver­kope van 13 eenhede in Julie is een eenheid minder as die 14 eenhede wat verlede Julie verkoop is. Stroperver­kope vir die jaar tot dusver is nou 9% meer as verkope vir die ooreenstem­mende tydperk verlede jaar.”

Algehele sentiment in die mark bly gunstig, want talle boere het reeds geoes en weet min of meer hoe goed die opbrengs was.

“Die goeie trekkerver­kope vir Julie weerspieël ’n geleenthei­d wat kopers benut om toerusting aan te koop wat nog teen laer pryse beskikbaar is. Dié werktuie is ingevoer toe die rand sterker was. Die onlangse verswakkin­g van die rand teenoor die belangriks­te geldeenhed­e gaan weer druk plaas op pryse vir toerusting.

“Ongelukkig sal die huidige swak waarde van die rand waarskynli­k nie plaaslike kommoditei­tspryse verhoog nie omdat dit op die oomblik beïnvloed word deur uitvoerpar­iteit. Met die komende somergewas­seisoen gaan boere omsigtig moet kyk na insetkoste en besluite oor die aanplant van gewasse grond op daardie ramings,” sê Groenewald.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa