Landbouweekblad

OMSET 30% BETER

-

Die omset op Dohne-Merinoveil­ings van Januarie tot die begin van Augustus het met 30% tot R18 miljoen gestyg. Dit is 30% beter is as in die ooreenstem­mende tyd ’n jaar gelede. ’n Hoër aanbod én beter pryse het daartoe bygedra.

Mnr. Kobus Delport, rasdirekte­ur, sê dit is betekenisv­ol dat die prestasie ondanks die ernstige droogte in die Wes-Kaap behaal kon word. “Die gemiddelde prys van R9 500 stuk vir kommersiël­e ramme in die lente (van Junie af) was egter effens laer as pryse wat in herfs (Januarie tot Mei) betaal was. Die rede is dat die meeste van die onlangse veilings in die Wes-Kaap plaasgevin­d het, waar boere se kontantvlo­ei vanweë die droogte steeds onder groot druk is.”

Hy sê die vraag na stoet- en kommersiël­e ooie is goed en die gemiddelde prys was R2 000 per ooi. Die aanbod het dragtige en droë ooie ingesluit. “In die geval van ramme, is boere bereid om die hand diep in die sak te steek vir goeie teelmateri­aal. Die beste prys die laaste twee maande was R38 000 vir ’n ram. Op die nasionale produksiev­eiling in Februarie is R62 000 vir ’n ram uit die Cruxstal betaal.

Die grootste veiling word dié week op Bredasdorp gehou wanneer 200 ramme van mnr. Wynand du Toit van Suidplaas onder die hamer sal kom. Delport sê die veiling sal ’n goeie aanduiding wees wat vir die res van die lenteseiso­en te wagte kan wees.

— THEUNS BOTHA

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa