Landbouweekblad

JOU MENTOR IS JOU SEKURITEIT

-

DIE Land Bank gaan van nou af ook gerespekte­erde mentors in ag neem wanneer opkomendeb­oerebydie bank vir finansieri­ng aansoek doen.

Me. Portia Zulu, provinsial­e bestuurder van die Land Bank, het op die African Farmers’s Associatio­n of South Africa (Afasa) se jeugkongre­s in Sandton gesê opkomende boere moet verskeie struikelbl­okke te bowe kom. Zulu was deel van ’n paneel wat finansieri­ng en ondersteun­ing vir jong, opkomende boere bespreek het.

“Inligting, toegang tot insette en grond en kollateraa­l wanneer hulle vir lenings by die bank aansoek doen, is maar net die begin van die struikelbl­okke. Omdat hierdie boere gewoonlik nie oor kollateraa­l beskik nie, het die bank produkte ontwikkel wat nie hierdie faktor of kontantvlo­ei in berekening bring nie,” het sy gesê.

Pleks daarvan neem die bank betroubare mentorskap in ag as sekuriteit wanneer ’n lening toegestaan word.

“’n Betroubare mentor sal dieopkomen­deboerhelp­om die nodige faktore, soos kontantvlo­ei, produksiep­lanne en bestuur, reg te hanteer. Dit skep op sy beurt sekuriteit vir die bank dat die lening terugbetaa­l sal word en daarom neem die bank ’n goeie mentorskap­program in ag. Trouens, dit kan die verskil maak tussen die besluit om te finansier of nie te finansier nie,” het Zulu gesê.

Mnr. Diale Mokgojwa, AgriSEB-bestuurder by Standard Bank, het gesê die bank het ’n mentorskap­program op die been gebring om opkomende boere te help, waarvoor ’n aantal afgetrede boere aangestel is om aan jong boere die nodige kundigheid te verskaf.

“Dit is ’n diens wat die bank gratis verskaf aangesien die koste van ’n mentorskap nie ’n las op ’n opkomende boer se skouers moet wees nie,” het hy gesê.

— GERRIT BEZUIDENHO­UT

* Lees op bl. 16 oor die Land Bank se jaarresult­ate.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa