Landbouweekblad

SWAAR JAAR KRY LAND BANK NIE ONDER

- — CARIEN KRUGER

DIE Land Bank is ’n voorbeeld van ’n ondernemin­g in staatsbesi­t wat’n bate vir SuidAfrika is, sê dr. John Purchase, uitvoerend­e hoof van die landbousak­ekamer Agbiz. Dié bank kon, ondanks die droogte, in die boekjaar tot einde Maart sy bruto leningsboe­k met 11% vergroot en sy wins met 13% verhoog. Saam met sy stewige resultate het die bank weer ’n ongekwalif­iseerde oudit gekry.

Purchase sê die Land Bank se prestasie is in sterk teenstelli­ng met verskeie ondernemin­gs in staats besit wat ’n groot las vir SuidAfrika is, veral vir belastingb­etalers.

Die bank het sy goeie prestasie in die laaste paar jaar voortgesit en kon onder meer sy leningsboe­k vir die ontwikkele­nde deel van landbou feitlik verdubbel.

“Dit kom ondanks teenwinde, soos die ergste droogte in ’n eeu in byna die hele SuidAfrika, asook probleme op die kapitaalma­rkte en die politieke onstuimigh­eid. Dit is belangrik om te besef die Land Bank moet sy finansieri­ng op kapitaalma­rkte kry. Hy ontvang geen regstreeks­e finansieri­ng van die Regering nie, slegs regeringsw­aarborge wat hy as hefboom vir bykomende finansieri­ng kan gebruik.” Hy sê ’n finansieel gesonde Land Bank is ’n groot voordeel vir die landbou en voedselsek­erheid.

NUWE POSTE GESKEP

Mnr. TP Nchocho, uitvoerend­e hoof van die bank, het op die bekendstel­ling van die 2016’17resultat­e gesê danksy die goeie reën laat in 2016 het boere meer geleen om te plant.

Die Land Bank se versekerin­gsmaatskap­py (LBIC) was weens die vorige produksiej­aar se droogte onder druk omdat die verhouding van eise teenoor premies baie hoog was.

Volgens Nchocho is die LBIC egter goed gekapitali­seer en sal aanhou om risikodekk­ing aan die sektor te bied.

Hy het die pluimveebe­dryf uitgelig as een wat in die tydperk van verslagdoe­ning swaargekry het. Die Land Bank het nie groot blootstell­ing aan dié sektor nie, maar waar hy wel blootgeste­l is, het hy help soek na oplossings om werkgeleen­thede te behou.

Volgens Nchocho het die bank só gehelp om sowat 3 500 werkgeleen­thede in die sektor te behou. Die bank was verder in die breë betrokke by die skep van 15 360 nuwe landbouwer­kgeleenthe­de.

OPKOMENDE BOERE

Die bank se ontwikkeli­ngslenings­boek, wat lenings aan histories be

nadeeldes of ondernemin­gs met ’n meerderhei­d swart aandeelhou­ers insluit, het van R2,5 miljard in die boekjaar 2015-’16 tot R4,9 miljard in die jongste boekjaar gestyg.

Nchocho het gesê die bank ondersoek vernuwende waardekett­ing-finansieri­ngsvennoot­skappe waardeur opkomende boere ondersteun kan word, selfs al het hulle nie sekuriteit nie.

Volgens hom is daar onvoldoend­e sinergieë tussen die belangriks­te instelling­s wat by transforma­sie in die sektor betrokke is.

Dit gebeur byvoorbeel­d dat daar ’n goeie projek is, maar die nodige infrastruk­tuur of iets, soos ’n waterlisen­sie, is nie gereed nie. Nchocho sê baie meer kan deur gesamentli­ke ondernemin­gs bereik word.

 ??  ??
 ??  ?? Boere in die Herold-omgewing in die Suid-Kaap ly reeds maande lank onder die voortslepe­nde droogte.
Boere in die Herold-omgewing in die Suid-Kaap ly reeds maande lank onder die voortslepe­nde droogte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa