Landbouweekblad

‘PRIVATE GELD’ HOU DIE POLITICI UIT JOU BANKSAKE

- — AMELIA GENIS

GELD en die wêreld van geld is besig om drasties te verander. Die publiek moet bewus wees van ander vorme van geld en hoe dit magsbasiss­e kan verander, sê mnr. Dawie Roodt, hoofekonoo­m van die Efficientg­roep.

Fisieke geld (munte en note, oftewel kontant) het ruilhandel vervang, maar transaksie­s met sulke geld is anoniem en kan gebruik word om belasting te ontduik. Dit is een van die redes waarom regerings nie van kontant hou nie. Daarteenoo­r werk digitale geld en transaksie­s tans deur finansiële tussengang­ers, soos banke, en die beweging daarvan kan nagespeur word – iets waarvan regerings hou.

Roodt, een van die sprekers op ’n onlangse skaapdag op die plaas Platkop buite Riversdal, het gesê daar is deesdae ook ander vorme van geld, die sogenaamde private geld.

“Dit is geld wat deur enigiemand uitgereik kan word. Dit is ’n manier om geld te desentrali­seer in lande waar die geldeenhei­d net deur sentrale banke, soos die Reserweban­k, in ’n monopolist­iese stelsel uitgereik word.”

BANKE OORBODIG?

Volgens Roodt bestaan daar tegnologie, bekend as blockchain, wat dit moontlik maak om geld privaat uit te reik. “Blockchain berus daarop dat groepe mense wat by die geldeenhei­d betrokke is, mekaar kontroleer om seker te maak dat almal eerlik bly.”

In werklikhei­d is dit ’n klomp rekenaars wat mekaar dophou en anonimitei­t verseker. “Enige groep mense kan private geld gebruik. Dit is veilig en vinnig, Dit is waar kriptogeld­eenhede, soos bitcoin, vandaan kom.”

Daar is deesdae sowat ’n duisend sulke private geldeenhed­e en hulle het ’n gesamentli­ke markkapita­lisasie van meer as $1 triljoen. Roodt sê die ora van Orania is ’n plaaslike voorbeeld van so ’n private geldeenhei­d. In dié stadium is die ora ’n papierbewy­s, maar Roodt help die

‘Die belangriks­te is dat private geld en digitale transaksie­s die mag geleidelik uit politici se hande neem en terugplaas waar dit hoort – by die mense.’

dorp om die ora te digitalise­er sodat mense hul selfone kan gebruik om dit uit te ruil. Dit maak weer anonimitei­t moontlik. Die groei in private geldeenhed­e kan moontlik mettertyd meebring dat banke heeltemal gaan verdwyn en sentrale banke nie meer nodig is nie.

BELASTING VERANDER

“Mense gaan begin om waarde onder mekaar te skep. Die waarde gaan in ’n elektronie­se beursie op jou selfoon lê, en as die belastingg­aarder vra om te sien watter transaksie­s jy gedoen het en watter inkomste jy verdien het, kan jy sê ‘ek het my wagwoord vergeet’,” sê Roodt.

Dit sal meebring dat belasting gaan verander van transaksie­belasting na belasting van tasbare goed, soos tolpaaie.

“Dit is die toekoms, maar die belangriks­te is dat private geld en digitale transaksie­s die mag geleidelik uit politici se hande neem en terugplaas waar dit hoort – by die mense.”

Roodt het gesê hy beveel nie bitcoin as ’n belegging aan nie. “Koop vir jou bitcoins vir R100, speel daarmee en leer dit verstaan. Kry ’n beleggings­adviseur wat jou kan help om die grootste deel van jou portefeulj­e in die buiteland te belê, want daar is groot probleme in Suid-Afrika.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa