Landbouweekblad

SOVEREIGN-SAGE KRY ’N NUWE KINKEL BY

- CARIEN KRUGER

DIE private ekwiteitso­nderneming Capitalwor­ks se aanbod om Sovereign Foods te koop, het nie Country Bird Holdings (CBH) se belangstel­ling in Sovereign Foods geblus nie.

CBH, wat 34,1% van die genoteerde Sovereign besit, het in Julie verlede jaar ’n aanbod van R9 per aandeel gemaak vir die aandele wat hy nie besit nie. As die aanbod aanvaar is, sou die nuwe maatskappy Suid-Afrika se derde grootste hoenderpro­dusent gewees het.

Die bestuur van Sovereign het CBH se aanbod egter op verskeie maniere gefnuik.

Sovereign het nou op 10 Augustus bekend gemaak dat hy Capitalwor­ks se aanbod van R12 per aandeel ondersteun.

Die maatskappy sê in ’n verklaring ’n sleutelvoo­rwaarde van die aanbod is dat Capitalwor­ks meer as 50% van Sovereign se uitge- reikte aandele moet verkry. Capitalwor­ks sê hy het die steun van 50,8% van die aandeelhou­ers.

TYDSBEREKE­NING

Mnr. Marthinus Stander, uitvoerend­e hoof van CBH, bevraagtek­en die tydsbereke­ning van Capitalwor­ks se aanbod so kort voor September wanneer CBH ingevolge JSE-reëls ’n nuwe aanbod sou kon maak. Aangesien CBH tans die grootste aandeelhou­er is, vind hy dit ook vreemd dat nie Capitalwor­ks óf Sovereign CBH gekontak het nie.

Capitalwor­ks se aanbod van R12 per aandeel moet deur 75% van die aandeelhou­ers gesteun word. Sy alternatie­we aanbod behels dat Sovereign gedenoteer word, wat moontlik is omdat hy 50,8% van die aandeelhou­ers se steun het.

Stander sê as die alternatie­we aanbod deurgevoer word, sal Capitalwor­ks potensieel 65% van die aandele van die ongenoteer­de maatskappy besit en CBH naastenby 35%. Die twee maatskappy­e sal dan noodgedwon­ge met mekaar moet saamwerk, al was daar tot dusver geen kontak tussen hulle nie.

“Ons vind dit vreemd dat die Sovereign-direksie sy onomwonde steun aan Capitalwor­ks se aanbod toegesê het. Dit is ten spyte daarvan dat dié maatskappy nie ervaring in die pluimveebe­dryf het nie en daartoe wil toetree te midde van groot struikelbl­okke.”

CBH wag op ’n omsendbrie­f wat op 7 September uitgestuur word en wat meer besonderhe­de sal bevat. “In dié stadium het ons nog te min inligting om te kan besluit of ons ’n teenaanbod wil maak.”

Dië bëstuur van Sovërëign hët CBH së aanbod ëgtër op vërskëië maniërë gëfnuik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa