Landbouweekblad

Wes-Kaap munisipali­teite moet die krane toedraai

- — JOYLENE VAN WYK en LISA LOTTERING

TE midde van groeiende kommer oor die leë Wes-Kaapse damme gaan die provinsial­e regering nou waterbeper­kings op ál die provinsie se munisipali­teite begin afdwing.

Mnr. Anton Bredell (foto links), minister van plaaslike regering en omgewingsa­ke, het verlede week alle munisipali­teite in die provinsie kennis gegee om ’n bepaling van hul waterbehoe­ftes te doen en daarvolgen­s die omvang van hul waterbeper­kings aan te dui.

Dit kom amper drie maande ná die Wes-Kaapse premier, me. Helen Zille (foto regs), die provinsie tot rampgebied verklaar het.

In antwoord op ’n vraag van Landbouwee­kblad oor vordering met stappe om die provinsie se waterbronn­e uit te brei, het Zille se woordvoerd­er, mnr. Michael Mpofu, eers die navraag na Bredell se kantoor verwys, en toe ’n mediaverkl­aring van 31 Julie aangestuur waarin Zille aankondig dat die provinsial­e regering toegeslikt­e toevoerkan­ale uit die Voëlvleida­m gaan oopgrawe teen ’n koste van R3,5 miljoen, al is dit die plig van die nasionale Departemen­t van Water en Sanitasie.

Die Wes-Kaapse regering vra reeds sedert Desember 2015 dat die provinsie tot rampgebied verklaar word. Zille sê die Stad Kaapstad het onlangs “inligting aangevra oor alle nuwe watertegno­logieë in drie kategorieë, naamlik die volhoubare onttrekkin­g van water uit akwifere, ontsouting en hergebruik”.

“Die voorleggin­gs was baie bemoedigen­d en sal die basis vorm van ’n groot tenderpros­es wat binnekort begin om die nuutste tegnologie­ë in te span.”

Zille wil ook die koste van die werk aan die Voëlvleida­m van die nasionale regering verhaal.

Me. Jeanne Boshoff, woordvoerd­er van Agri Wes-Kaap, sê verlede week se reënbuie het landboutoe­stande grootliks onverander­d gelaat en weidingsto­estande is kritiek, veral in die ekstensiew­e landbougeb­iede van die Weskus en die Sentraal-Karoo. Al kry die gebiede goeie reën, gaan dit maan- de duur om te herstel.

Daar is ook kommer oor die domino-uitwerking van die droogte op die ekonomie in die landelike gebiede, want die droogte se uitwerking strek veel wyer as die boere. Verskeie besproeiin­gsboere het ook reeds aangedui dat hulle sal moet kies watter gewasse om te besproei weens lae reserwes.

REËNVOORUI­TSIGTE

Die provinsie se damvlakke het verlede week op 29,4% gestaan, teenoor 57,7% verlede jaar. Aan die einde van die reëntyd is die provinsie se damme gewoonlik meer as 80% vol. Volgens mnr. Cobus Olivier, weervoorsp­eller by die SuidAfrika­anse Weerdiens, is daar ’n aanduiding dat goeie reën dalk van nou tot einde September kan val, maar dit kan nie met hoë waarskynli­kheid voorspel word nie.

Hy sê vir die droogte om gebreek te word, moet ’n gebied normale of bonormale reënval kry én waterbronn­e moet heraangevu­l word.

‘Daar is ook kommer oor die dominouitw­erking van die droogte op die ekonomie.’

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa