Landbouweekblad

SA moet waak teen nuwe graanplae

- — NICO VAN BURICK

BUITEN die herfskomma­ndowurm wat reeds vanjaar in Suider-Afrika verwoestin­g gesaai het, is twee ander migrerende siektes en plae ook suidwaarts op pad.

Dr. Marinda Visser, bestuurder van Graan SA se navorsing-enbeleidse­ntrum, het op ’n Agbiz Grain-simposium gewaarsku teen veral MLND (dodelike mielie-afsterwing­siekte) en rooi sprinkane.

MLND, wat ’n mielie-oes heeltemal kan uitwis, baan sy weg uit Oos-Afrika en kom reeds in Tanzanië voor. Dis ’n kombinasie van twee virusse, waarvan een (die mosaïekvir­us) reeds by suikerriet in Suid-Afrika voorkom.

“Dit sal ’n ramp wees as die ander een ook hier uitkom. Dit is ’n verskrikli­ke virussiekt­e wat niemand in sy land wil sien nie.”

’n Opname is tans onderweg oor watter virusse reeds in SuidAfrika voorkom en uit watter rigting MLND die grootste bedreiging sal wees, byvoorbeel­d in suikerprod­userende gebiede waar ook mielies geplant word.

Daar was uitbreking­s van rooi sprinkane in Zambië en Mosambiek. Swerms van tot 40 miljoen sprinkane kan mielieland­e totaal vernietig.

KOMMUNIKAS­IE PLA

Visser sê een van die probleme is gebrekkige kommunikas­ie tussen Afrikaland­e. Volgens internasio­nale ooreenkoms­te moet lande mekaar waarsku oor die voorkoms van nuwe siektes en plae, maar dit gebeur nie. “Die herfskomma­ndowurm is al in Januarie 2014 in Wes-Afrika bespeur en as daar ’n vroeë waarskuwin­g was, sou die verwoestin­g in Suider-Afrika

baie minder gewees het. Tot vandag het geen land in Wes-Afrika nog amptelik die voorkoms daarvan verklaar nie.”

Sy sê dit beteken Suid-Afrika, aan die suidpunt van die vasteland, is op homself aangewese om die moontlikhe­id te monitor dat hierdie plae die land kan bereik.

Ander ernstige plae wat Afrika nog nie bereik het nie en waaroor daar kommer heers, is Khapra-kewers wat bestand is teen insekdoder­s, en ’n Amerikaans­e wortelwurm by mielies (Western

corn rootworm) wat Europa uit Amerika bereik het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa