Landbouweekblad

BOERESTOEI­METJAN TAKS SE DRAADWERK

- LISA LOTTERING

RAADOP boere wat sukkel om hul BTW- en dieselraba­t-eise afgehandel te kry, meen die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens (SAID) stel onprakties­e en onuitvoerb­are eise.

Kenners waarsku reeds sedert die begin van die belastingj­aar dat belastingb­etalers meer oudits van opgawes kan verwag. Dit blyk die geval te wees nadat Landbouwee­kblad met verskeie raadop boere gepraat het.

Mnr. Johan Blomerus, ’n mielieboer van die plaas Wonderfont­ein by Kroonstad, beskryf sy BTW- en dieselraba­t-eise as ’n “nagmerrie”.

“Hulle soek diensrekor­ds van trekkers, vragmotors en bakkies, die GPS-koördinate van jou plaas en elke ondernemin­g waarmee jy sake doen. Hulle soek ook fakture van alle aankope en vergelyk dit met jou logboeke,” sê hy.

Hy sê sekere vereistes is onprakties en onuitvoerb­aar en meen die SAID verskuif net die doelpale om uitbetalin­gs te vertraag.

Hy is tans midde-in ’n SAID-oudit van sy BTW-eise vir 2015 en 2016. Solank die oudits aan die gang is, ontvang hy geen uitbetalin­gs vir daardie belastingj­are nie.

VERTRAGING­S

Me. Seugnet Engelbrech­t, ’n lusernboer en vervoerkon­trakteur van Brits, sukkel sedert einde Februarie om haar BTW-terugbetal­ings te kry. Sy het ’n dispuut verklaar met die hulp van ouditeurs in Pretoria, maar sy moet nou nóg 90 dae wag vir dié proses om sy loop te neem.

Nadat boere in die Klerksdorp-omgewing verlede jaar groot vertraging­s met die terugbetal­ing van dieselraba­tte ervaar het, sê mnr. Boeta du Toit, hoofbestuu­rder van Agri Noordwes, hy weet nie van mense met nuwe probleme in dié verband nie. Hy weet egter van lede wie se probleme nog nie opgelos is nie.

Du Toit sê Agri SA het met die SAID gesprek gevoer oor die vertraging­s.

“Daar is sekere reëlings wat getref moet word en sommige boere gebruik private ouditeurs om probleme op te los,” sê hy.

Hy sê Agri Noordwes verskaf riglyne aan boere en wys hulle hoe om logboeke by te hou. “Dit is dan die boer se verantwoor­delikheid om die riglyne in die praktyk toe te pas.”

FRUSTRASIE

Mnr. Brian Hoole, ’n raadslid van Agri Oos-Kaap, sê die organisasi­e het geen formele klagtes van nie-betaling van BTW of dieselraba­t-eise ontvang nie, maar verskeie boere het in ’n werksessie op Alexandria hul frustrasie­s oor die terugbetal­ings uitgespree­k.

“In die meeste gevalle sê die inkomstedi­ens die inligting is onvoldoend­e of onvolledig,” sê hy.

Mnr. Sandile Memela, woordvoerd­er van die SAID, sê die omstandigh­ede van elke saak bepaal die tydperk vir terugbetal­ings, maar die diens is besig om die administra­sie van dieselraba­tte te modernisee­r, wat doeltreffe­ndheid sal verbeter.

Hy voeg by dat boere op die hoogte moet bly van wat die SAID saam met belastings­opgawes vereis.

Hulle moet ook alle relevante dokumene bewaar en beskikbaar hê ingeval hul ondernemin­g gekies word vir ’n oudit. —

‘In die meeste gevalle sê die inkomstedi­ens die inligting is onvoldoend­e of onvolledig.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa