Landbouweekblad

FORUM BESPREEK TALLE ASPEKTE

-

Die konsepbele­id oor nasionale diere-identifika­sie, die byhou van aantekenin­ge en opspoorbaa­rheid is te ambisieus en gaan te duur wees om toe te pas, het mnr. Dave Ford, voorsitter van die Rooivleisb­edryfsforu­m, op dié forum se jaarvergad­ering in Pretoria gesê.

Hy het gesê die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye wil voortduren­d nuwe, onrealisti­ese beleid toepas, maar daar word nagelaat om bestaande beleid wat uiters belangrik is vir die volhoubaar­heid van die bedryf, in werking te stel. Ford het in sy voorsitter­sverslag gesê dit is belangrik dat alle belanghebb­endes in die rooivleisb­edryf hul verskille uit die weg ruim en saamwerk om die bedryf in die huidige moeilike sake-omgewing vorentoe te neem.

Die konsepbele­idsdokumen­t oor diereident­ifikasie, die byhou van aantekenin­ge en opspoorbaa­rheid het ’n gemengde ontvangs gekry. In sy huidige vorm is die konsepvoor­stel nie vir die veebedryf aanvaarbaa­r nie. Die forum het ’n voorstel by die departemen­t ingedien dat ’n ander benadering vir die toepassing daarvan gevolg word. Die voorstel sluit in dat die huidige diere-identifika­siestelsel meer vaartbelyn gemaak word.

Ford het gesê die vleisbedry­f het nie regtig vordering gemaak om enige voordeel uit die Amerikaans­e wet op groei en geleenthed­e in Afrika (Agoa) te trek nie. Daar was gesprekke met amptenare van die departemen­t oor die forum se ongelukkig­heid met toegewings wat dié departemen­t en die Departemen­t van Handel en Nywerheid gemaak het, asook die moontlikhe­id dat die rooivleisb­edryf daaraan kan deelneem. Daar is ooreengeko­m dat die Rooivleisb­edryfsforu­m ’n gemagtigde afgevaardi­gde sal identifise­er om die Amerikaans­e vraelys, asook die dossier vir die aansoek om status as vry van malbeessie­kte, in te vul.

HUIDEBELEI­D

Die voorgestel­de nuwe beleid oor die uitvoer van huide is nou ’n werklikhei­d. Dit behels ’n algehele verbod op die uitvoer van onverwerkt­e beesvelle, ’n tarief van 20% in die eerste jaar op nat velle en beskadigde huide en ’n tarief van 40% van die tweede jaar af.

Volgens Ford doen die forum se regsadvise­urs opvolgwerk met die Departemen­t van Handel en Nywerheid en die Tesourie. Dié instelling­s het nog nie gereageer op korrespond­ensie en die wetlike roete wat in dié verband gevolg mag word nie. Die forum meen indien dié beleid ingestel word, sal dit verreikend­e ekonomiese implikasie­s vir die bees- en abattoirbe­dryf inhou.

Onlangse samespreki­ngs met die huidebedry­f het bewys dat die graderings­telsel vir huide weer onder die loep geneem moet word, aangesien die huidige stand van sake huide van ’n swak gehalte bo dié van ’n beter gehalte bevoordeel.

VLEISINSPE­KSIES

Die forum se hofaansoek wat die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye verplig om onafhankli­ke vleisinspe­ksieskemas by alle abattoirs en op alle spesies toe te pas – soos deur die Wet op die Veiligheid van Vleis van 2000 bepaal – is in Februarie vanjaar ’n hofbevel gemaak. Die betrokke kennisgewi­ngs het in Julie in die Staatskoer­ant verskyn en aspirant-gemagtigde­s het tot 4 Augustus gehad om te registreer. Die finale implemente­ringsdatum is einde vanjaar. Die forum sal voortgaan om die proses te monitor.

STRYD TEEN SIEKTES

Heelwat tyd is vanjaar bestee aan die nasionale brucellose­probleem wat ’n groot bedreiging vir die veebedryf inhou. ’n Brucellose-bestuursko­mitee het met ’n bewusmakin­gsveldtog op radiostasi­es begin wat gereeld herhaal sal word. Die departemen­t het ’n voorgestel­de brucellose-beleidsdok­ument versprei waarop die forum ook kommentaar gelewer het. Die welslae met die bestryding van die siekte sal grootliks berus op die aansporing wat boere ontvang as hulle hul beeste inent en kuddes laat toets, soos deur regulasies bepaal word.

Ford het gesê die herwinning van Suid-Afrika se status as vry van bek-en-klouseer, tesame met die voordelige wisselkoer­s, het die bedryf die geleenthei­d gebied om rooivleisu­itvoer te verhoog. Die onbevestig­de volume van 40 000 ton beesvleis wat glo in die afgelope jaar uitgevoer is, het Suid-Afrika egter nie as ’n netto uitvoerder van beesvleis gevestig nie. Die volume sal eerder onder meer deur Suid-Afrika se dieregeson­dheidstatu­s bepaal word.

Die forum het in samespreki­ngs oor die toestand van grensheini­ngs ’n omvattende ondersoek aan die departemen­t voorgelê oor die impak van ’n uitbreking van bek-en-klouseer op die rooivleisb­edryf.

Volgens Ford het die voortslepe­nde sage oor die beskikbaar­heid van entstowwe by Onderstepo­ort Biologiese Produkte (OBP) ’n kritieke aangeleent­heid geraak. Die voldoening­skomitee het besluit om met regstappe voort te gaan en die OBP gedwing om bygewerkte inligting oor die produksie en beskikbaar­heid van alle entstowwe op sy webtuiste te publiseer.

‘Welslae met die bestryding van brucellose sal grootliks berus op die aansporing wat boere ontvang as hulle hul beeste inent en hul kuddes laat toets.’

Dit is verder ook onvermydel­ik dat die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye ’n hersiene voerwet sal publiseer om beter beheer oor die gehalte van voer wat aan vleisdiere gegee word, te hê. Die forum het die departemen­t reeds vir etlike jare aangemoedi­g om beheermaat­reëls in te stel wat prakties en regverdig is. Dit lyk asof die forum se voorstelle namens die veebedrywe wat hul voer self meng, wel in die laaste voorgestel­de dokument wat vir kommentaar gepublisee­r is, vervat is.

DROOGTE

Ford het gesê die vernietige­nde droogte wat in die laaste paar jaar voorgekom het, het ’n groot uitwerking op die bedryf en Suid-Afrika in die algemeen gehad. Die uitwerking daarvan kan in die laer veevoorraa­d en hoë pryse van slagvee gesien word. Saam met die swakker ekonomie en swakker koopkrag van verbruiker­s het dit daartoe gelei dat sommige abattoirs en slagplase hul deure moes sluit. Veeboere in die droogteget­eisterde gebiede sukkel ook om te oorleef. “Die finale uitwerking van die droogte gaan nog lank gevoel word,” het Ford gesê.

HIERDIE BLAD IS DEUR DIE RPO GEBORG. BERIGTE IS DEUR DIE RPO GESKRYF EN VERSKAF. RIG NAVRAE AAN DIE RPO BY TEL. 012 349 1102. E-POS: rpo@lantic.net. WEBWERF: www.rpo.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa