Landbouweekblad

SKOP VAS TEEN SWAM BY AARTAPPELS

-

Die swam Rhizoctoni­a kan groot finansiële skade aan aartappels aanrig, maar met doeltreffe­nde monitering en goeie bestuurspr­aktyke kan dit getroef word.

Prof. Jacquie van der Waals, plantpatol­oog aan die Universite­it van Pretoria, het getoets of die besmetting van die aartappelm­oere of die grond die grootste invloed op die oorsaak van siektesimp­tome het.

Dít was nadat dr. Norman Muzhinji bepaal het dat die Rhizoctoni­a-stam AG 3-PT betrokke is by die meeste siektesimp­tome wat deur Rhizoctoni­a veroorsaak word.

“Sodra die simptome begin verskyn, ongeag waar die besmetting plaasgevin­d het, moet dit behandel word. Dit is belangrik om te weet waar die besmetting plaasvind omdat dit verskillen­de bestryding­s- en bestuursbe­sluite meebring,” sê Jacquie.

“Ons het gevind dat grond- en knolinokul­asie met AG 3-PT ewekansig die voorkoms van swartskurf veroorsaak, terwyl wortel- en stolonkank­er meer deur die inokulum in die grond veroorsaak word, en stamkanker deur AG 3-PT-besmetting in die moer veroorsaak word.”

As ’n boer dus slegs stamkanker in sy aanplantin­gs bespeur, is die kans goed dat dit patogene organisme reeds in die moer teenwoordi­g was. “In daardie geval kan kwarantynp­raktyke toegepas word en die boer moet sy bron van moere ondersoek. As wortel- of stolonkank­er die probleem is, is die kans goed dat die grond reeds besmet is. Dis daarom belangrik dat boere seker maak dat hulle gesertifis­eerde, skoon moere aankoop.

“Verder het ons ook gevind dat die AG 3-PT-groep hoë vlakke van geen- en genotipe-diversitei­t binne ’n populasie het en dat dit seksueel en aseksueel kan voortplant. Dit bring mee dat die AG 3-PTgroep uiters aanpasbaar is en dus vinnig weerstand kan opbou teen plaagbestr­ydingsmidd­els en verdraagsa­me kultivars.

“Ons raad aan boere is om deurgaans hul landerye te monitor, seker te maak waar die siekte kop uitsteek verskyn en doeltreffe­nde plaagbestr­ydingsprak­tyke volg. Voordat hulle egter die siekte bestry, is die beste raad om seker te maak die plantmater­iaal is gesond en die grond bly vry van patogene organismes.”

– JOHAN VAN DER MERWE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa