Landbouweekblad

HOMMELTUIE NUWE PLAASWERKE­RS

-

Hommeltuie gaan binne die volgende drie jaar op die meeste plase ter wêreld ingespan word. En omdat hulle goedkoop gaan wees, sal dít nie net die geval in ryk lande wees nie, maar ook in die ontwikkele­nde wêreld.

Só voorspel die Duitse futuris Udo Gollub in sy jongste vooruitsko­uing oor hoe die wêreld teen 2020 daar gaan uitsien.

“Hommeltuie gaan oor plante vlieg en

die behoefte aan water, kunsmis en plaagdoder­s meet. Hulle sal data na die masjiene stuur wat water en kunsmis toedien. Op dié manier sal die plante nooit te veel kry nie (wat die produksiek­oste verlaag), of te min kry nie (wat groter en beter gewasse sal verseker, wat die produksiek­oste verder sal verlaag).

“Danksy hommeltuie gaan ons kos dus goedkoper en beter wees. Stelsels soos dié word al sedert 2015 in wingerde gebruik. Teen 2020 sal dit op die meeste plase wees.”

Wat energie betref, voorspel Udo dat talle steenkoola­anlegte teen 2020 gesluit gaan wees, tensy regerings onlogiese besluite neem. “Sedert 2016 is sonkrag die goedkoopst­e bron van energie in die meeste lande buite die Arktiese sirkel. Dit is goedkoper as steenkool en sonder die besoedelin­g.

“Ja, werkgeleen­thede sal verlore gaan, maar dubbel die aantal van daardie werkgeleen­thede word in die sonkragbed­ryf geskep. As jy op die uitkyk vir ’n belegging is: Sonkrag is nou een van die beste geleenthed­e, veral sonkragpan­ele op jou eie dak.”

Hy voorspel voorts toeganklik­er en goedkoop internet vir elke siel op die planeet. “In 2019 gaan minstens drie maatskappy­e ’n globale internet-netwerk bedryf, hetsy met weerballon­ne, soos Project Loon, of ’n vloot mini-satelliete wat laag sirkel, soos Oneweb.

“Dít sal gigagreep- mobiele internetve­rbindings na elkeen op hierdie planeet bring, teen ’n baie lae prys. Teen 2019 gaan elke boer in Uganda dus ’n vinniger en betroubaar­der internetve­rbinding hê as wat jy vandag het.”

Udo het voorheen voorspel dat landbourob­otte in die toekoms so goedkoop as $100 (sowat R1 300) gaan wees. “Boere in Derdewêrel­dlande sal dan bestuurder­s van hul lande kan word, pleks daarvan om heeldag op die lande te moet werk.”

Aëroponika gaan in die toekoms baie minder water benodig, meen hy ook. “Die eerste kalfsvleis wat in ’n petri-bakkie geprodusee­r is, is nou beskikbaar, en dit sal teen 2018 goedkoper wees as kalfsvleis wat vanaf ’n koei geprodusee­r word. Tans word 30% van alle landbou-oppervlakt­e gebruik om beeste aan te hou. Stel jouself voor as ons nie meer daardie spasie nodig het nie.

“Talle beginneron­dernemings gaan binnekort insekprote­ïen begin bemark. Dit het ’n hoër proteïenin­houd as vleis. Dit sal as ’n alternatie­we bron van proteïen bemark word omdat die meeste mense steeds nie byt aan die gedagte daaraan om insekte te eet nie.” – MARLEEN SMITH

 ?? UDOGOLLUB.COM ?? Die Duitse futuris Uddo Gollub (regs) saam met die Britse sakemagnaa­t sir Richard Branson.FOTO:
UDOGOLLUB.COM Die Duitse futuris Uddo Gollub (regs) saam met die Britse sakemagnaa­t sir Richard Branson.FOTO:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa