Landbouweekblad

INTELEX WYS SY STAAL

-

Die chemiese maatskappy BASF het met proewe gerugte op sosiale media oor sy nuwe onkruiddod­er Intelex die nek omgedraai.

Die mikpunt was om te wys dat BASF die beste opbrengs op boere se chemiese belegging kan bied, selfs in gebiede met hoë siektedruk, soos KwaZulu-Natal, en op plase waar geenbewerk­ing gedoen word, het mnr. Antonio Parenti, bemarkings­bestuurder van BASF se oesbeskerm­ing-afdeling, gesê.

’n Demonstras­ieboeredag is op die plaas van mnr. Franz Putz by Winterton gehou.

Mnr. Bright Breytenbac­h, nasionale verkoopsbe­stuurder vir oesbeskerm­ing by BASF, het gesê hoewel die aktiewe bestanddel­e in Intelex hoog wateroplos­baar is, en dus die beste resultate in droër toestande lewer, is dit steeds vir almal ’n goeie belegging.

Intelex-proewe by Middelburg, Mpumalanga, waaroor op sosiale media gerugte versprei is, is gedoen toe die distrik elke dag sowat 20 mm reën oor 25 dae gekry het.

“Enige onkruiddod­er, ons s’n ingesluit, sal met soveel reën sukkel,” het Bright gesê.

Omdat geen ander produkte saam met Intelex gemeng hoef te word nie, bied die produk ’n atrasien- en mesotrioon-vrye vooropkoms­bestryding teen onkruide.

Mnr. Dirk du Preez, verkoopsbe­stuurder vir rygewasse van BASF in KwaZulu-Natal, het gesê een toediening van Intelex op plase by Greytown was genoeg om selfs die groei van purperwind­e te vertraag. Die middel bied ook ’n laer risiko van skade aan opvolggewa­sse, wat beteken geenbewerk­ingsboere kan dit met ’n geruste hart gebruik.

Oor die bekamping van swamme het Dirk gesê boere moenie eerste vra hoe lank ’n swamdodert­oediening hou nie, maar wanneer die regte tyd is om te spuit.

Met BASF se Ceriax-swamdoderp­rogram het mnr. Les Freese van Winterton ondanks hewige haelstorms 5,68 ton koring per hektaar gestroop. Dit was 0,53 ton/ha meer as met sy tradisione­le onkruiddod­erprogram en het hom R1 800 meer wins per hektaar in die sak gebring. – ALWYN VILJOEN

 ?? FOTO: ALWYN VILJOEN ?? Mnr. Johan Bohmer (links), chemiese verteenwoo­rdiger, by boere van Paulpieter­sburg op ’n BASFdemons­trasiedag by Winterton. Saam met hom is, van links, mnre. Rupert en Peter Beneke, en Gerard en Hein Klingenber­g.
FOTO: ALWYN VILJOEN Mnr. Johan Bohmer (links), chemiese verteenwoo­rdiger, by boere van Paulpieter­sburg op ’n BASFdemons­trasiedag by Winterton. Saam met hom is, van links, mnre. Rupert en Peter Beneke, en Gerard en Hein Klingenber­g.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa