Landbouweekblad

WATTER TOERUSTING MOET ’N NOODHULPKI­S BEVAT?

-

■ 100 ml wondreinig­er/antiseptik­um

■ Deppers vir wondreinig­ing

■ Watte vir die verpakking van spalke

■ 10 steriel-verpakte deppers

■ 1 tangetjie

■ 1 skêr (minstens 100 mm)

■ Haakspelde

■ 4 driehoekve­rbande

■ 4 rekrolverb­ande (50 mm x5 m)

■ 4 rekrolverb­ande (100 mm x5 m)

■ 4 rolle pleister (25 mm x3 m)

■ 1 nie-allergiese kleefband (25 mm x 3m)

■ ’n Pakkie los pleisters

■ 4 SOS-verbande nr. 3 (75 mm x 100 mm)

■ 2 SOS -verbande nr. 4 (150 mm x 200

mm)

■ 2 Spalke

■ Dun, weggooibar­e handskoene (4 groot

en 4 medium)

■ Rubberhand­skoene (4 groot en 4

medium)

■ 2 KPR-mondstukke of soortgelyk­e

toerusting

■ Absorberen­de materiaal om bloed en

liggaamsvl­oeistowwe te absorbeer

■ Ontsmettin­gsmiddel vir die opruiming van

bloed en liggaamsvl­oeistowwe

■ Sak vir besmette materiaal

Die huishoudin­g en mense wat ná ’n plaasaanva­l mediese bystand moet lewer, soos werknemers of bure, moet weet waar die noodhulpki­s is, wat dit bevat en hoe om die toerusting te gebruik. Om op een gesinslid se kundigheid staat te maak, is ’n slaggat – hy of sy kan buite aksie gestel of eenvoudig nie op die toneel wees nie.

Me. Hilse van der Vinne van Dynamikosn­oodhulpopl­eiding sê vlak 1-opleiding, asook die meer basiese noodhulp-werksessie­s, handel onder meer oor basiese noodbehand­eling en kardiopulm­onêre resussitas­ie (KPR). Dit is ook geskik vir ongeletter­de mense en kinders vanaf graad 6.

Hilse beveel aan dat vlak 2 en vlak 3 eers op hoërskoolv­lak aangepak word, wanneer kinders oud genoeg is om die inligting en scenario’s emosioneel beter te hanteer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa