Landbouweekblad

VERWYDER AANPAKSELS MET ULTRASONIE­SE KLANK

-

Aanpaksels in watertoevo­erpype kan nou maklik met ’n apparaat verwyder word wat ultrasonie­se klankfrekw­ensies gebruik.

Mnr. Piet Geustyn, direkteur van Parac Agri, die eksklusiew­e agente in Suid-Afrika vir Harsonic in Stellenbos­ch, sê biofilm (aanpaksels) kom op enige plek voor waar water opgaar en is ’n teelaarde vir bakteriëe wat daarin groei en vermenigvu­ldig. Die aanpaksels kan selfs toevoerpyp­e verstop.

Bakterieë in biofilm bied hoër weerstand teen skoonmaak- en ontsmettin­gsmiddels.

Harsonic is ’n permanente, chemikalie­vrye oplossing vir die verwyderin­g van aanpaksels in die landbousek­tor. Die gepatentee­rde produk (Belgiese patentenom­mer 1020192 en Euro-PCT-nommer 2707277) gebruik ultrasonie­se klankfrekw­ensies om bestaande biofilm en kalkneersl­ag (kalsiumkar­bonaat) te vernietig. Dit help ook toekomstig­e neerslae verhoed, wat die groei van mikro-organismes bekamp.

Saam met die Harsonic-produk breek ultrasonie­se klank die biofilm af en verwyder die substrata waarin bakterieë groei. So word die ensieme en proteïenke­ttings vernietig, wat dan uit die watersiste­em gespoel word.

In teenstelli­ng met chemiese behandelin­g, word geen nuwe biofilm gevorm nie, sê Piet. Ultrasonie­se klank veroorsaak ook geen verwering van pype nie en daar is geen smaak of reuk aan verbonde nie.

Die Harsonic-produk is klein en word maklik geïnstalle­er. Geen onderhoud is nodig vir die leeftyd van die produk nie.

Harsonic het ’n EMC-sertifikaa­t, wat beteken dit is veilig vir gebruik naby ander elektronie­se produkte. Prys: Die koste wissel na gelang van die stelsel waarbinne dit geïnstalle­er word, maar tipies sal ’n hok vir 30 000 kuikens ’n eenmalige bedrag van ongeveer R20 000 en maandeliks R1 500 kos, sê Piet. NAVRAE: Mnr. Piet Geustyn, e-pos: piet@paracagri.com, sel 082 807 1223; of Matt Basson, matt@parac-agri.com; sel 083 717 8044.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa