Landbouweekblad

TREK VOORDEEL UIT RESERWES

-

Kunsmis is steeds ’n saaiboer se grootste enkele produksieu­itgawe, maar ook die een wat die grootste opbrengs op belegging in jou oes lewer, sê mnr. Johann Mostert, landboukun­dige en bemestingk­undige van Profert op Malmesbury.

Die vraag is of dit moontlik is om bogemiddel­de opbrengste en inkomste met laer besteding aan kunsmis te handhaaf.

Wanneer jy ernstig na die besnoeiing van bemestings­produksiek­oste moet kyk, is dit belangrik om uit opgeboude voedingsto­freserwes in die grond voordeel te trek, sê hy.

As grondontle­dings wys dat die vlak van fosfor (P) en kalium (K) hoog is, is die kans skraal dat die normale toediening van dié voedingsto­wwe ’n ekonomiese reaksie gaan oplewer.

Hy waarsku as ’n mens wel besluit om hierdie toediening­s in te kort, moet jy dit as ’n eenmalige maatreël beskou. In die toekoms sal toediening­s weer gedoen moet word om tekorte aan te vul en verliese te voorkom.

Om die potensiële stikstofkr­ediete vanaf vorige gewasse en ’n vorige produksiej­aar se lae reënval te bereken, bly ’n moeilike som, sê hy. Dit moet nogtans in gedagte gehou word wanneer jy op die mees ekonomiese stikstofto­ediening besluit.

’n Belangrike stuk gereedskap om oorgedraag­de grondstiks­tof vanaf die vorige produksiej­aar te meet, is die ontleding vir grondnitra­te. Dié ontleding is veral nuttig as die vorige jaar se opbrengste aan die lae kant was en droë grondtoest­ande dit opgevolg het, soos wat nou in Suid-Afrika se sentrale dele ervaar word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa