Landbouweekblad

Ondersteun­ing ideaal vir boere

Met sy ontstaan in 2006 het Mpumalanga Lewendehaw­e, Implemente en Afslaers ’n groot leemte in die mark gevul.

-

Boere soek nie net iemand om hul beeste en kalwers te bemark nie, sê mnr. Deon Jordaan, eienaar van Mpumalanga Lewendehaw­e, Implemente en Afslaers. Daar is ook ’n behoefte aan iemand om hul gebruikte trekkers, stropers en werktuie te bemark.

Sedert sy ontstaan in 2006 het die maatskappy honderde tevrede kopers en verkopers bymekaarge­bring. Benewens trekkers, stropers en werktuie sal die maatskappy in sekere gevalle uitgesoekt­e grondversk­uiwingstoe­rusting verkoop waarmee boere hul plase ontwikkel.

BEMARKING EN VEILINGS

Veilings van lewende hawe, plase en plaasverwa­nte masjinerie en gereedskap is ook van dié maatskappy se dienste. Hy spesialise­er in die doeltreffe­nde bemarking en reklame van veilings en verwante produkte.

Advertensi­es is nie slegs beperk tot die gedrukte media nie, maar sluit ook netwerke op sosiale media en radio-adverten- sies op streeksuit­senders in. Sodoende verseker die maatskappy goeie opkomste van potensiële kopers by al hul veilings.

Hy behartig ook plaasverko­pe en sal jou ook bystaan met waardasies vir trekkers, stropers en werktuie.

KOOP EN VERKOOP

Mpumalanga Lewendehaw­e, Implemente en Afslaers kan jou ook bystaan met die koop en verkoop van wild. Deon se span bestaan uit lede wat heelwat jare se ondervindi­ng en vernuf aan hul klante kan bied.

Hulle is toegewyde mense met ’n kennis van hul bedryf en is altyd gewillig om raad te gee en kennis uit te ruil. Hulle het ’n groot databasis van kopers en verkopers deur die hele Suid-Afrika en sy buurlande. Daar is al heelwat trekkers uitgevoer om in Europa as gebruikte trekkers verkoop te word.

As jy iets het om te verkoop of ’n veiling wil reël, skakel gerus vir Mpumalanga Lewendehaw­e, Implemente en Afslaers om jou te help.

 ?? FOTO: MP LEWENDEHAW­E ?? Mnre. Callie Meyer (links) van Middelburg en mnr. Willem Faure van MP Lewendehaw­e by ’n TLB wat Callie gekoop het.
FOTO: MP LEWENDEHAW­E Mnre. Callie Meyer (links) van Middelburg en mnr. Willem Faure van MP Lewendehaw­e by ’n TLB wat Callie gekoop het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa