Landbouweekblad

’n Skou vir die hele gesin

Die eerste jaarlikse Mpumalanga-skou word eersdaags van 31 Augustus tot 3 September by die Mbombela-stadion in Nelspruit gehou.

-

Die Mpumalanga-skou gaan die landbou-, bosbou-, wild- en toerismebe­dryf ten toon stel. Dit sal werksessie­s en bespreking­s insluit wat daarop gemik is om gesprekvoe­ring in die landboubed­ryf te verbeter, veral tussen die Regering en boere.

Me. Lindi Botha, bemarkings­bestuurder van die Mpumalanga skou, sê die skou is die ideale platform om bedryf s potensiaal te demonstree­r.

“Ons provinsie het so baie om te bied, met ’n oorvloed geleenthed­e vir groei. Deur die Mpumalanga-skou bied ons ’n geleenthei­d om betrokke te raak by tegniese en besigheid s net werking. Hierdie uitruil van kennis is noodsaakli­k om volhoubare bedryf s vennootska­p pete bou en beleggings te lok.”

INTERAKTIE­WE UITSTALLIN­GS

Die hart van die skou bestaan uit interaktie­we uitstallin­gs wat op die grootste en belangriks­te bedrywe in Mpumalanga toegespits is.

“Baie min mense in Mpumalanga is nie op die een of ander manier verbind aan die landbou-, bosbou-, wild- of toerismebe­dryf nie. Die geleenthed­e om binne die provinsie te groei is eindeloos – mits ons die platforms skep wat nodig is om uit te staan, en ons bemagtigin­g aanhelp,” sê Lindi.

“Dit is die idee agter die ontstaan van die Mpumalanga-skou.”

Mnr. Werner Martin, die projekbest­uurder, sê danksy die aard van Mpumalanga se landboubed­ryf sal dit ’n diverse skou wees, maar ook klem lê op baie bedrywe wat uniek is aan die provinsie.

LANDBOUPLA­NNE

Sakeontbyt­e bied finansiële insigte, en paneelbesp­rekings tussen die Regering en boere is op die oggendprog­ram.

“Belanghebb­endes, soos Eskom, Graan SA, Agri Mpumalanga en Mpumalanga se provinsial­e regering, sal by hierdie bespreking­s betrokke wees. Dit sal vir boere eerstehand­se ken- nis bied oor watter planne op ’n hoër vlak beraam word en hoe dit die landboubed­ryf gaan raak,” sê Lindi.

WÊRELDSTAN­DAARD

Werner sê die Mbombela-stadion is die ideale plek om ’n skou van hierdie omvang aan te bied omdat dit oorgenoeg spasie en wêreldklas geriewe bied.

“Ons gaan die jongste boerderyma­sjiene en vee in die stadion se buitelugge­deelte uitstal, terwyl die binnenshui­se gedeelte gebruik word vir kuns- en me smaak uitstallin­gs, kaas-en wynproe by die Italiaanse dorpie en meubel uitstallin­gs.

“Werktuie, soos die nuutste aartappelp­lanter wat binnekort in Suid-Afrika op die mark sal wees, verwerking­s toerusting vir makadamian­eute, son krag tegnologie en die nuutste saad kultivars sal boere oorgenoeg stof tot nadenke gee.

“Vodacom gaan tegniese ondersteun­ing en inligting bied oor die internet en bestuurste­lsels vir afgeleë plase,” sê Werner.

BUITELEWE

’n Boogskiet toernooi onder leiding van die oud-Springbok rugbyspele­r Danie Rossouw ,’ n honde- en troeteldie­rskou en die Western Mounted Games met meer as 100 perde is hoogtepunt­e om na uit te sien.

Saans kan besoekers agteroorsi­t en die vermaak geniet wat deur onder andere Mango Groove, Majozi, Jo Black, Adam Tas, Ricus Nel, Jason Lee, A Touch of Class en Charlize Berg verskaf word.

BOEREMARK

Werksessie­s oor onderwerpe, soos finansieri­ng, akwakultuu­r en algemene plaasbestu­ur, gaan vir opkomende boere aangebied word. Die skou werk ook saam met plaaslike gemeenskap­pe om hulle voor te berei vir die skou se boeremark deur hulle meer te leer oor bemarking en die aanbieding van hul produkte.

“Gegewe ons provinsie se omvattende en diverse boerderyge­meenskap kan ons nie ’n skou aanbied sonder ons lieflike produkte nie. Ons nooi alle boere en landelike kookfundi’s om hul ware te bring na die plaasmark wat op 2 en 3 September gehou gaan word,” sê Werner.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Die Mpumalanga-skou word van 31 Augustus tot 3 September by die Mbombela-stadion in Nelspruit gehou.
FOTO’S: VERSKAF Die Mpumalanga-skou word van 31 Augustus tot 3 September by die Mbombela-stadion in Nelspruit gehou.
 ??  ?? ’n Skou in een van Suid-Afrika se natuurskoo­nste provinsies, Mpumalanga, sal te kort skiet sonder ’n buitelugfo­kus. Daar is ’n spesiale 4x4-roete gebou met meer as tien hinderniss­e wat oor die naweek deur motorhande­laars gebruik sal word om hul nuutste...
’n Skou in een van Suid-Afrika se natuurskoo­nste provinsies, Mpumalanga, sal te kort skiet sonder ’n buitelugfo­kus. Daar is ’n spesiale 4x4-roete gebou met meer as tien hinderniss­e wat oor die naweek deur motorhande­laars gebruik sal word om hul nuutste...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa