Landbouweekblad

VKBstaanby­boere

Die primêre landbou was lank die hoofrede vir VKB se bestaan, maar nou voeg hy ook waarde toe tot sy produsente se produkte.

- NAVRAE: Webwerf: www.vkb.co.za; VKB-hoofkantoo­r, tel. 087 358 8111.

Die primêre doel van VKB is om vir boere ’n klimaat te skep waarin hulle op produksie toegespits kan wees én om hulle te ondersteun om suksesvol te produseer.

VKB se dienste sluit in die voorsienin­g van brandstof, saad, kunsmis, veevoer, verpakking­smateriaal, veemiddels, versekerin­g en finansieri­ng, die hantering en opberging van graan en die bemarking van produkte.

VKB en NTK hanteer mielies, sojabone, koring, sonneblom en graansorgh­um. Die 22 silo-komplekse is strategies geleë in VKB en NTK se bedienings­gebied, voldoen aan die vereistes vir voedselvei­ligheid en is by Safex geregistre­er.

VKB het ’n geleenthei­d om diversifik­asie aangegryp deur die oprigting van Free State Oil, ’n oliepers. Dié pers het ’n kapasiteit van 150 000 ton per jaar.

Die meulens by Frankfort in die Vrystaat en by Mokopane en Venda in Limpopo sien veral om na groot- en kleinhande­l. Die meulens is strategies geleë om die kostedoelt­reffende verspreidi­ng van mieliemeel aan afsetpunte in die onderskeie bedienings­gebiede te verseker.

VKB besit ’n belang van 70% in Kromdraai Best Milling, ’n koringmeul­e op Frankfort. Die meule het ’n kapasiteit van 12 000 ton per maand. Die bakkery bak ongeveer 1,3 miljoen brode per maand.

Crown Bag lewer meer as 6 miljoen aartappel- en houtskools­akke per maand.

VKB het ook ’n beherende belang in Farmpack, waar ’n wye reeks bedrukte en onbedrukte kartonhoue­rs vervaardig word.

Die abattoir vir braaihoend­ers kan 785 000 braaihoend­ers per week verwerk. Die braaihoend­ers word verskaf deur kontrakgro­eiers wat aandeelhou­ers van VKB is. VKB se veevoerfar­iek by Vrede in die Vrystaat verskaf die braaihoend­ers se voer. Só word ’n groot hoeveelhei­d plaaslik geprodusee­rde mielies verbruik.

VKB besit ’n belang van 50% in Nu-Pro Voere en kan gevolglik ’n wye reeks veevoere aan die bedryf beskikbaar stel.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? VKB se silo’s het ’n houvermoë van meer as 1 miljoen ton. Dié foto is op Villiers in die Vrystaat geneem.
FOTO: VERSKAF VKB se silo’s het ’n houvermoë van meer as 1 miljoen ton. Dié foto is op Villiers in die Vrystaat geneem.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa