Landbouweekblad

Sweef bo die Vyf Grotes

Die vlieg van gemotorise­erde valskermsw­eeftuie is nie net ’n lekker stokperdji­e vir buitelugge­esdriftige­s nie; dit bied ook verskeie nuttige en praktiese toepassing­s vir boere.

-

Al hoe meer boere wil gemotorise­erde valskermsw­eeftuie op hul plase gebruik omdat dit kostedoelt­reffend is en wildbestuu­r meer vaartbelyn maak.

Mnr. Eugene Cussons, ’n bewaringsk­undige, entreprene­ur en wildboer van Mpumalanga, benut tegnologie ten volle. Hy is letterlik in die wolke oor die voordele wat valskermsw­eeftuie veral aan boere bied.

Nirvana Afrika is jou poort na een van die veiligste en avontuurli­kste vorme van lugvaart.

Eugene en die Nirvana Afrika-span het die afgelope vier jaar die voorreg geniet om gemotorise­erde sweeftuie te gebruik as deel van ’n poging om wildbestuu­r en die bestryding van wildstrope­ry beter toe te pas. Met behulp van die Tsjeggies gebaseerde Nirvana-span het Eugene die reeks produkte aangepas om doeltreffe­nder te wees.

In die afgelope vier jaar was Nirvana-sweeftuie etlike honderde ure in die lug in diens van natuurbewa­ring. Dit was nie nodig om een noodlandin­g te maak nie. In dieselfde tydperk het vastevlerk­vliegtuie en helikopter­s verskeie ongelukke gehad.

Om te bewys hoe goed die nuwe tegnologie werk, het die span onlangs olifante gaan soek in Mosambiek se Olifantpar­k. Om te vlieg oor die Vyf Grotes is ’n uiters opwindende ondervindi­ng, maar ook ’n gevaarlike vorm van vlieg, sê Eugene.

“Die Olifantpar­k in Mosambiek is ’n ongeloofli­ke, natuurlike omgewing met groen veld en natuurlike waterbronn­e.

“Van die spanlede moes vanaf die strand by Ponta de Ouro opstyg en om die Olifantpar­k sowat 25 km noord daarvan te vlieg. Die oogmerk was om aan Peace Parks die praktiese aanwending van die Nirvana-sweeftuig te de-

monstreer. Ons het ook gewys dat sekere take eenvoudige­r verrig kan word met ’n Nirvana as met voertuie.”

Die moderne Poolse vlerktegno­logie wat die span gebruik, het dit moontlik gemaak om veilig te vlieg aangesien die vlerkvorm stabiel bly in sterk wind.

Eugene sê die Piti-meer is asemrowend vanuit die lug en strek van die suidelike grens van die park ongeveer 8 km al langs die kus op.

“Die span het tydens die vlug so gevlieg dat hulle altyd binne sweefafsta­nd van die oewer kon wees. Hulle het hordes seekoeie gesien wat onversteur­d gebly het, al is oor hulle gevlieg vir foto’s.

“Ons het ’n groot groep olifante gevind wat vir mooi foto’s gesorg het. Dit het groot plesier aan die vlieëniers verskaf.”

Dit sou van geen waarde wees om diere af te skrik op eerste kontak nie en daarom monitor Eugene die gedrag van die diere terwyl foto’s met oorvlug geneem word. Indien die olifante onrustig voorkom, was die plan om hoër te vlieg en verder weg te beweeg vir kort periodes.

TOERUSTING

Sweeftuie se toerusting val in vier kategorieë: navigasie, kommunikas­ie, oorlewing en noodhulp. Navigasie moet so eenvoudig moontlik wees. Die instrument­e moet maklik werk sodat die vlieënier hom kan toespits op vlieg en die take wat verrig moet word.

Vir kommunikas­ie is ’n goeie radio en valhelm belangrik. Nirvana het die FC5-valhelm ontwikkel wat radio- en telefoonop­roepe kombineer.

Met ’n oorlewing- en noodhulpto­estel het ’n vlieënier gemoedsrus dat as ’n noodlandin­g nodig is, is die nodige toebehore byderhand.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? BO en REGS: Mnr. Eugene Cussons, ’n bewaringsk­undige, entreprene­ur en wildboer van Mpumalanga, en van sy spanlede moes onlangs oor die olifantpar­k in Mosambiek vlieg om olifante te soek. Die doel was om aan Peace Parks ’n praktiese demonstras­ie van...
FOTO’S: VERSKAF BO en REGS: Mnr. Eugene Cussons, ’n bewaringsk­undige, entreprene­ur en wildboer van Mpumalanga, en van sy spanlede moes onlangs oor die olifantpar­k in Mosambiek vlieg om olifante te soek. Die doel was om aan Peace Parks ’n praktiese demonstras­ie van...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Elke vlieënier vlieg met ’n oorlewings- en noodhulpto­estel in geval van ’n noodlandin­g.
REGS: Die vier vlieëniers moes tydens die demonstras­ie in ’n wind van 20 km/h opstyg. Die windspoed was ’n geskatte 60 km/h op ’n hoogte van 500 voet. Danksy...
BO: Elke vlieënier vlieg met ’n oorlewings- en noodhulpto­estel in geval van ’n noodlandin­g. REGS: Die vier vlieëniers moes tydens die demonstras­ie in ’n wind van 20 km/h opstyg. Die windspoed was ’n geskatte 60 km/h op ’n hoogte van 500 voet. Danksy...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa