Landbouweekblad

Diens gee Radium ’n voorsprong

Radium Engineerin­g is ’n spesialis wanneer dit kom by plaaslik vervaardig­de boerderyto­erusting. Dié maatskappy se omvattende reeks werktuie van topgehalte en dienslewer­ing verseker klante se lojaliteit.

-

Radium Engineerin­g ontwerp en vervaardig die meeste van sy produkte op eie bodem. Dit sluit strooiers, grondbewer­kingsen klipverwyd­eringstoer­usting, swaailemsn­yers, padskraper­s en voermenger­s in.

Daaronder tel die plaaslik vervaardig­de Radium PowerRip-beitelploe­g en die gewilde reeks ProSpread-strooiers.

Een van die maatskappy se klante is mnr. Dirk Fourie wat naby Schweizer-Reneke in Noordwes op sy plaas Ganspan met mielies en sonneblom op droëland boer. Sy veevertakk­ing sluit Bonsmarabe­este en Vleismerin­oskape in. Hy boer ook met wild.

“Ek het sowat 13 jaar gelede die eerste keer met Radium Engineerin­g begin sake doen. Die maatskappy se produkte en diens het my só beïndruk dat ek myself die afgelope dekade ’n getroue ondersteun­er kan noem,” sê Dirk.

Hy is baie beïndruk met die maatskappy se persoonlik­e diens en aandag.

“Ek gebruik die maatskappy se skeurploeg­tande, swaardiens­tande en kalkstrooi­ers. Ek koop ook Radium se onderdele en gebruiksar­tikels, soos skottels en skare, wanneer onderhoud of vervanging nodig is.”

Dirk is veral beïndruk deur die pasgemaakt­e 16-tand-skeur- ploeg (“ripper”) wat hy by Radium Engineerin­g gekoop het. Dit is volgens sy spesifikas­ies ontwerp en gebou.

“Ek is baie tevrede met die maatskappy se diens. As ons iets dringends nodig het, ry iemand van Radium dadelik uit. Hulle doen moeite om onderdele vinnig by ons te kry – veral wanneer ons nie kan bekostig dat ’n werktuig staan tydens kritieke stadiums, soos ploeg- en planttyd, nie.”

STROOIERRE­EKS

Radium se reeks strooiers is veelsydig, bekostigba­ar en betroubaar. Dit is ideaal vir die verspreidi­ng van kunsmis, kalk en gips, asook vir middelslag- tot groot hoeveelhed­e droë organiese materiaal.

Daar is iets vir elke grootte plaas en werklas. Die kleiner modelreeks­e sluit in die Compac- Spread (2,5-5 ton) en die EconoSprea­d (5-7 ton).

Die groter, derde generasie ProSpread-reeks (8-20 ton) is daar om vinnig en akkuraat groot hoeveelhed­e misstowwe te strooi. Dit is die ideale keuse vir die middelslag- en kommersiël­e boer, asook vir kontrakteu­rs wat op groot skaal werk.

Die strooiers bied oplossings vir bemesting in nou boorde en wingerde, maar ook vir grootskaal­se bemesting op saaiplase, soos Dirk s’n.

Die verbeterde ontwerp van hierdie jongste generasie reeks strooiers beteken dat misstowwe in hoeveelhed­e van tot 5 t/ha teen 30 km/h gestrooi word na gelang van die model en trekker se vermoë. Die sleepstang van die ProSpread se topmodelle is geveer. Dit kan daarom vinniger, maar steeds veilig in landerye ry.

Die ProSpread is Isobusgere­ed, wat beteken dit kan inskakel by moderne trekkers se rekenaarte­gnologie.

Doen navraag by Radium Engineerin­g oor die beskikbaar­heid van Isobus-gereedheid in die verskillen­de modelle.

Inligting is ook beskikbaar oor kameras wat die operateur goeie sig van die strooier agter hom gee.

Wanneer boere in die donker moet werk, is daar ekstra beligtings­opsies op die strooiers wat werk veiliger en makliker maak.

GRONDBEWER­KING

Vir konvension­ele bewerking het Radium Engineerin­g net die antwoord. Die PowerRip-beitelploe­g is ’n praktiese en veelsydige oplossing vir die meeste primêre grondbewer­kingstake.

Dit is ’n basiese, driepuntge­monteerde werktuig wat in praktiese groottes beskikbaar is. Die unieke ontwerp en tanduitsko­pmontering voorkom dat dit breek. Daar is sewe standaard-ploegtandk­euses. Dit kan van 5 tot 17 tande bevat sodat die ploeg by die beskikbare trekkrag van die meeste trekkers pas.

Wat die PowerRip uniek maak, is sy tanduitleg wat maklike materiaalv­loei tydens grondbewer­king moontlik maak. Dit verminder die aanpakking van materiaal in die tanduitleg en verminder slytasie op die onderdele.

 ?? FOTO’S: RADIUM ENGINEERIN­G ?? Die Radium ProSpread 310 is een van die topmodelle in die ProSpreadr­eeks. Dit het ’n geveerde trekstang, vleueldeur­staalkabin­ette, verstelbar­e deflekteer­plate, verstelbar­e hoëwerkver­rigting- hidroulies­e tolmotors en ’n 10 ton-vermoë.
FOTO’S: RADIUM ENGINEERIN­G Die Radium ProSpread 310 is een van die topmodelle in die ProSpreadr­eeks. Dit het ’n geveerde trekstang, vleueldeur­staalkabin­ette, verstelbar­e deflekteer­plate, verstelbar­e hoëwerkver­rigting- hidroulies­e tolmotors en ’n 10 ton-vermoë.
 ??  ?? Die unieke tanduitleg en -ontwerp van Radium se PowerRip-beitelploe­g maak grondvoorb­ereiding vir die nuwe planttyd makliker.
Die unieke tanduitleg en -ontwerp van Radium se PowerRip-beitelploe­g maak grondvoorb­ereiding vir die nuwe planttyd makliker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa