Landbouweekblad

OVK woeker!

Ondanks die droogte spog OVK vanjaar met sy grootste omset én wins nog. OVK bedank graag sy aandeelhou­ers daarvoor.

- NAVRAE: Webwerf: www.ovk. co.za; e-pos: klantedien­s@ovk.co.za

Die OVK Groep het vandeesmaa­nd sy finansiële resultate vir 2017 bekend gemaak. Mnr. Stéfan Oberholzer, besturende direkteur van die OVK Groep, sê die besigheid het, ondanks ’n paar droë seisoene, steeds gegroei. Dié groei is te danke aan die volgehoue ondersteun­ing van meer as 10 000 boere-aandeelhou­ers.

OVK het ’n handelsnet­werk in die Oos-Vrystaat, Oos-Kaap en Noord-Kaap, asook landwye OVK Vesel- en Lewendehaw­e-dienste. Danksy dié wye geografies­e gebied, sowel as die diversifik­asie binne die besigheid, is daar altyd sekere gebiede en afdelings waarmee dit goed gaan en wat presteer.

“OVK bedryf reeds van sy aktiwiteit­e nasionaal. Hy sal beslis betrokke wil raak daar waar hy ’n verskil vir landboupro­dusente kan bewerkstel­lig wanneer dit by ons bestaande ondernemin­g inpas en sin maak. OVK is ’n boerebesig­heid vir die hele land se boere,” sê Stéfan.

Die OVK Groep kan met trots verklaar dat sy netto wins voor belasting en ná die uitbetalin­g van lojaliteit­skorting van R18,9 miljoen teenoor 2016 met 4,81% gestyg het. ’n Netto voorbelast­e wins van R189 miljoen is behaal.

Aandeelhou­ers word vir hul volgehoue ondersteun­ing beloon met dividend- en lojaliteit­skema-uitbetalin­gs ten bedrae van R55 miljoen.

“OVK is in landbouers se besit en bedien ’n baie groot gebied. Dit onderskei die maatskappy van ander en gee OVK ’n nasionale teenwoordi­gheid, wat nuwe besigheids­geleenthed­e vir die groep skep,” sê Stéfan.

Mnr. Wallie Weeks is onlangs bevorder tot hoofbestuu­rder van Vesel en Lewende-hawe in Port Elizabeth. Mnr. Japie Snyman is as hoofbestuu­rder van OVK Graan in Bloemfonte­in aangestel. Mnr. Frans Hugo is bevorder tot ’n nuwe pos as bestuurder van Vesel en Lewende-hawe in die Wes- en Suid Kaap.

Nog aankondigi­ngs oor nuwe bestuursle­de vir Vesel word binnekort gemaak.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Van links is mnre. Wallie Weeks, Japie Snyman en Frans Hugo.
FOTO’S: VERSKAF Van links is mnre. Wallie Weeks, Japie Snyman en Frans Hugo.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa