Landbouweekblad

Bekamp siektes, plae veilig

Die bedryfsorg­anisasie CropLife SA is ’n kernvennoo­t in die toekoms van die landbou, openbare gesondheid en ’n gesonde omgewing. Sy sterk verteenwoo­rdiging in die bedryf en sy lede se aktiewe deelname gee dié organisasi­e momentum.

- NAVRAE: CropLife Suid-Afrika, Suite 310, Lougardiag­ebou, Embankment­laan 1262, Centurion; webwerf: www.croplife.co.za; e-pos: info@croplife.co.za, tel. 087 980 5163; faks 087 980 5164.

CropLife SA is dié toonaangew­ende bedryfsorg­anisasie vir die plantbeske­rmingsbedr­yf. Meer as 90% van Suid-Afrika se verskaffer­s en verspreide­rs van middels vir plantbeske­rming, openbare gesondheid en omgewingsb­estuur word deur CropLife SA verteenwoo­rdig.

Dit maak nie saak of dit klassieke plaagdoder­s, verbeterin­gsmiddels, onkruiddod­ers vir indringerp­lante of malariavek­torbeheerm­iddels is nie, CropLife SA se lede verskaf betroubare, geregistre­erde landboumid­dels van gehalte.

Lede sluit in internasio­nale en plaaslike maatskappy­e wat landboumid­dels invoer, vervaardig en deur ’n landwye netwerk van verspreide­rs lewer met agente wat met CropLife SA en AgriSETA se geakkredit­eerde oesbeskerm­ingskursus opgelei is.

Lede verskaf ook gesondheid­smiddels vir die bekamping van siektes en plae wat die mens se gesondheid en welstand bedreig.

MEELEWENDH­EID

CropLife SA se lede neem aktief deel aan komitees en werkgroepe waar sake wat die landbousek­tor en openbare gesondheid­sektor raak, uitgepluis word.

Die uitvoerend­e komitee hou wag oor die beleidsraa­mwerk waarbinne CropLife SA werk. Uitvoering word op verskeie vlakke bewerkstel­lig in verskeie ad hoc-werkgroepe en gevestigde komitees en werkgroepe: Oesbeskerm­ingskomite­e; Kaapse werkgroep; Veiligheid­skomitee; Toediening­swerkgroep; Bestuiwers­forum; Kleinverpa­kkingswerk­groep; Insekdoder-, onkruiddod­er- en swamdoderw­eerstandsk­omitees; en Die Global Harmonisat­ion System (GHS-werkgroep). Die diepliggen­de kundigheid van lede se werknemers is ’n groot bron van kundigheid tot voordeel van die bedryf, die landbou en die publiek.

WET 36 VAN 1947

Landboumid­dels, soos wat dit in Wet 36 van 1947 omskryf word, behels alle plaagbestr­ydingsmidd­els van chemiese of biologiese oorsprong, asook bevorderin­gsmiddels, plantgroei­reguleerde­rs, benatters en buffers.

Inligting oor alle geregistre­erde landboumid­dels is die afgelope dekade ingesamel en drie onafhankli­ke datastelle is saamgestel. Die mees basiese datastel is op die webwerf www.croplife.

co.za onder die vaandel “Agricultur­al Remedies Database”. Dit word elke maand bygewerk.

PLAAGBEHEE­RGIDS

Die reeks gedrukte gidse oor plaagbestr­yding, naamlik plantplae, plantsiekt­es, onkruide, indringerp­lante, huishoudel­ike plae en plantgroei­reguleerde­rs word elke twee jaar bygewerk. Dié gids behoort in elke boer se bakkie of kantoor te wees en is teen billike pryse beskikbaar.

CropLife SA se vlagskipda­tastel is die AgriIntel-databasis wat al meer as 12 miljoen datapunte in ’n reusedatab­asis hou. Die AgriIntel-webwerf, www.

agri-intel.com, is ’n gebruikers­vriendelik­e soekenjin waar die boer data oor plaagbestr­yding by alle gewasse kan vind.

Produketik­ette is ook op AgriIntel beskikbaar. Kyk uit vir die nuwe AgriIntel wat ewe gemaklik op rekenaar, tablette en slimfone gebruik kan word.

AFVALBESTU­UR

Leë plastiekho­uers waarin plaagdoder­s was, is altyd ’n oorlas vir die boer, maar met CropLife SA se stelsel kan leë houers wat drie keer gespoel is, nou landwyd verwerk word in ander plastiekko­mmoditeite.

Uitgediend­e plaagdoder­s bly ’n probleem. Die enigste oplossing is dat die eienaar dit teen eie koste moet laat vernietig.

Kyk onder die hofie “AVCASA Waste Management Programme” op www.croplife.co.za vir aanwysings om leë houers skoon te maak vir verwerking.

’n Lys van plastiekve­rwerkers wat deur CropLife SA goedgekeur is en ’n lys van maatskappy­e wat uitgediend­e plaagdoder­s kan vernietig, is ook beskikbaar. Daar is ook ’n nuttige lys van moets en moenies van plaagdoder­afvalbestu­ur.

WAGHOND

CropLife SA werk baie nou saam met die Registrate­ur van Wet 36 van 1947 en die inspektora­at van die direktoraa­t vir die beheer van landbou-insette.

Dié samewerkin­g help om ongeregist­reerde landboumid­dels, onwettige bedrywighe­de en onaanvaarb­are praktyke bloot te lê. Enige vermeende onwettige bedrywighe­de kan by CropLife SA aangemeld word.

 ?? FOTO’S: LIZA BOHLMANN ?? BO: Spuitmidde­ls vir gewasbeske­rming of onkruiddod­ers is onderhewig aan regulasies, voorskrift­e en omgewingsw­ette. CropLife SA kan jou help om daaruit sin te maak.
REGS: Landbougew­asse vir die kosmark kom tydens tipiese kommersiël­e verbouing met...
FOTO’S: LIZA BOHLMANN BO: Spuitmidde­ls vir gewasbeske­rming of onkruiddod­ers is onderhewig aan regulasies, voorskrift­e en omgewingsw­ette. CropLife SA kan jou help om daaruit sin te maak. REGS: Landbougew­asse vir die kosmark kom tydens tipiese kommersiël­e verbouing met...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa