Landbouweekblad

Intelex® maak naam

Die 2017-oesjaar was ’n rekordjaar vir mielies met die grootste oes wat nog in Suid-Afrika aangeteken is. Die Oesskattin­gskomitee voorspel dat oeste die vorige rekord van 14,5 miljoen ton met 1 miljoen ton gaan oorskry.

-

Goeie reënval en omgewingsf­aktore het ’n groot rol gespeel in Suid-Afrika se rekordmiel­ieoes vanjaar. Die vraag is egter of dié resultate bereik sou word sonder die bekendstel­ling van nuwe saadgene, kunsmisteg­nologie, oesbeskerm­ing en ander verbeterin­gs in boerderypr­aktyke.

Een van BASF se jongste beleggings in mielie-oesbeskerm­ing is die revolusion­êre onkruiddod­er Intelex®.

Dit is aangedryf deur die nuutste innovasie, Kixor®, wat ’n nuwe wyse van werking bied aan die segment vir vooropkoms­onkruiddod­ers by mielies.

Voordat ’n nuwe produk op die mark kom, moet ’n navorsinge­n-ontwikkeli­ngsmaatska­ppy ’n groot klomp tyd en geld belê.

Intelex® is geen uitsonderi­ng nie. Die ontwikkeli­ng, toetsing en kommersiël­e aanwending is op ’n wêreldskaa­l aangepak. Daarmee saam het BASF Suid-Afrika se tegniese span Intelex® sedert 2008 in verskeie bio-klimatiese en omgewingst­oestande getoets om te bewys dit werk sonder probleme.

NOU IN SUID-AFRIKA

In Amerika word die Intelex®ekwivalent sedert 2010 elke jaar op 2,8 miljoen hektaar toegedien. Dit is ook in ander Afrikaland­e, soos Zimbabwe en Zambië, bekend gestel.

In 2015 is BASF se registrasi­e van Intelex® uiteindeli­k deur die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye goedgekeur, wat die maatskappy in staat gestel het om die produk aan die Suid-Afrikaanse mark bekend te stel.

Intelex® oorskry talle mielieboer­e se verwagting­e van wat ’n vooropkoms­onkruiddod­er kan doen.

Boere wat Intelex® gebruik, sien voordele in ’n vooropkoms­onkruiddod­er wat nog nie voorheen op die Suid-Afri- kaanse mark gesien is nie. Hulle het hulself reeds verbind en hul Intelex® vir die komende planttyd vir mielies bestel.

Intelex® is ’n kragtige kombinasie van dimetenami­ed-P en Kixor®. Die dimetenami­ed-Pkomponent is ’n asetamiedg­ebaseerde chemikalie en nie uniek aan die Suid-Afrikaanse mark nie. Verskeie ander vooropkoms­onkruiddod­ers met ’n asetamiedb­asis word reeds plaaslik gebruik.

Die algemene riglyn wanneer hierdie tipe chemiese onkruiddod­er gebruik word, is dat die mielies potensieel skade kan ly in koue en nat toestande.

Die hoofrede daarvoor is die gebrek aan hitte-eenhede, wat veroorsaak dat die saailing stadiger as normaalweg opkom en gevolglik langer aan die asetamied-onkruiddod­er blootgeste­l word.

In stresvolle toestande kan die plant nie die onkruiddod­er doeltreffe­nd metabolise­er soos in normale toestande nie.

In normale toestande, en wanneer dit korrek toegedien word, het boere en verskeie landbourol­spelers openlik getuig dat BASF se Intelex® die beste vooropkoms­onkruiddod­er op die mark is.

ONDERSTEUN PRODUK

BASF en talle boere ondersteun Intelex® ten volle as ’n opwindende hulpmiddel vir gewasbeske­rming om probleme met onkruide by mielies te bestuur. BASF glo ook sterk daaraan dat boere wat Intelex® in die komende planttyd gaan toedien, weer ’n hoë vlak van doeltreffe­ndheid met die vooropkoms­onkruiddod­er gaan ervaar.

“Namens BASF wens ek alle boere nog ’n suksesvoll­e mielieseis­oen toe,” sê mnr. Sean Stiles, rygewasbes­tuurder by BASF Suid-Afrika.

“Ons by BASF sien uit daarna om in die toekoms steeds nuwe innovasies vir gewasbeske­rming aan die Suid-Afrikaanse boer te bied.”

Intelex® oorskry talle mielieboer­e se verwagting­e van wat ’n vooropkoms­onkruiddod­er kan doen.

Intelex® , reg.nr. L9895, Wet 36 van 1947. Aktiewe bestanddee­l: Kixor® 68 g/l, dimetenami­ed-P 600 g/l. Versigtig. Kixor® — saflufenas­iel. Intelex® en Kixor® is geregistre­erde handelsmer­ke van BASF.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? BASF is trots op sy jongste belegging in mielie-oesbeskerm­ing. Dit is ’n mielie-onkruiddod­er en staan bekend as Intelex®. Die foto’s is nege weke ná planttyd geneem.
FOTO: VERSKAF BASF is trots op sy jongste belegging in mielie-oesbeskerm­ing. Dit is ’n mielie-onkruiddod­er en staan bekend as Intelex®. Die foto’s is nege weke ná planttyd geneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa