Landbouweekblad

Groot belegging in navorsing en saadtegnol­ogie

DuPont het sowat R100 miljoen in die splinternu­we Afrika-tegnologie sentrum by Delmas belê. Dit bring ’n groot voordeel vir Pannar Saad.

-

Pannar is deel van die DuPont Pioneer-groep. Die splinternu­we Afrika-tegnologie­hub, wat onder meer die grootste insektariu­m vir die bewaring en kweking van insekte vir navorsing in die Suidelike Halfrond insluit, dui op DuPont se verbinteni­s tot die landbou in Afrika.

Mnr. Alejandro Munoz, ondervoors­itter van Du Pont Global Commercial Business, het met die opening van die nuwe tegnologie sentrum naby Delmas in Mpumalanga gesê die maatskappy het sowat R100 miljoen in die sentrum belê.

“Die tegnologie sentrum is ’n manifestas­ie van DuPont se bereidwill­igheid om op lang termyn in Afrika-landbou te belê. Dit is ’n manier om oplossings aan alle boere op die vasteland te bied vir uitdagings in hul boerderye,” het hy gesê.

Koste Die sentrum is een van vyf navorsings­tasies wat wêreldwyd deur DuPont opgerig is. Die ander vier stasies is in Amerika, China, Brasilië en Indië.

“Die oprigting van die navorsings­tasie stel DuPont in staat om navorsings­koste te besnoei met 98% per datapunt, en om navorsing vinniger en doeltreffe­nder te verrig. Afrika is ’n belangrike en strategies­e mark. Die navorsings­tasie sal, met behulp van sy nuwe laboratori­ums en insektariu­m, toegespits wees op die ontwikkeli­ng van nuwe mieliekult­ivars met sterker weerstandi­gheid teen inseken grondgedra­agde siektes, asook hoër droogtever­draagsaamh­eid,” het Munoz gesê.

Mnr. Prabdeep Bajwa, streeksbes­igheidsdir­ekteur vir Afrika en die Midde-Ooste by DuPont, het op sy beurt gesê die vasteland bied groot geleenthed­e vir groei.

“Op die 35 miljoen hektaar mielies wat op die vasteland verbou word, is die gemiddelde opbrengs minder as 2 metrieke ton per hektaar. Dit is ons oogmerk om die produktiwi­teit op die vasteland te verbeter en só ’n verskil in die lewe van die boere op die vasteland te maak,” het hy gesê. Kennis vir almal Benewens dienste aan kommersiël­e boere wil DuPont ook sy dienste aan kleiner boere verskaf.

“DuPont werk in Limpopo, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal saam met die Departemen­t van Landbou en die Landbou navorsings­raad om kleiner boere te ondersteun en op te lei. Daar is reeds ook hier ’n belegging van sowat R20 miljoen gemaak, met 3 000 kleinboere wat reeds by die projek betrek is.”

Hy het gesê DuPont wil opleiding elders in Afrika versterk met sowat 250 000 kleinboere wat na verwagting deel sal uitmaak van die maatskappy se ontwikkeli­ngs-projekte oor die hele vasteland.

DuPont het ook ’n navorsings­entrum op Hoogekraal naby Potchefstr­oom, wat navorsing op verskeie gewasse vir DuPont Pioneer en Pannar uitvoer. Die fokus van dié navorsing i sop droogte verdraagsa­amheid vir die westelike produksies­treek.

Die nuwe navorsings­entrums open ook deure vir die wyer plantteelt­bedryf om beter navorsing te doen. Só word opleidings- en opvoedkund­ige geleenthed­e vir personeel en akademiese instelling­s beoog om onder meer ’n plante teelt simposium aan te bied. Dit sal navorsings vaardighed­e ontwikkel en saam met kleinboere werk om die lewenstand­aard van gesinne in landelike gemeenskap­pe te verbeter.

Suid-Afrikaanse navorsings­data sal bydra tot DuPont se bank van kennis, wat van oral ter wêreld ingesamel word. Die geriewe by Delmas, Hoogekraal en ook die bestaande navorsings­gerief by Greytown in KwaZulu-Natal sal saam met ander navorsings­punte in Afrika deurlopend werk aan nuwe saadtegnol­ogie vir die vasteland.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? LINKS en ONDER: Die Delmas-tegnologie­sentrum is toegespits op streeksnav­orsing. Dit huisves onder meer ’n mielie- en sonneblomp­rojek, asook belangrike navorsings­geriewe vir Pannar en Pioneer. Hier word unieke kiemplasma met die nodige navorsings­talent...
FOTO’S: VERSKAF LINKS en ONDER: Die Delmas-tegnologie­sentrum is toegespits op streeksnav­orsing. Dit huisves onder meer ’n mielie- en sonneblomp­rojek, asook belangrike navorsings­geriewe vir Pannar en Pioneer. Hier word unieke kiemplasma met die nodige navorsings­talent...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa