Landbouweekblad

Sorg met planttyd bepaal mielie-oes

Die vinnige vestiging van ’n egalige stand saailinge is deurslagge­wend vir ’n maksimum mielie-opbrengs. Mnr. Pieter Rademeyer, hoof landboukun­dige van Pan nar, gee raad.

-

Mielie-oeste se opbrengs potensiaal word reeds met planttyd vasgelê. Sonder ’n suksesvoll­e wegspring kan die knou wat so ’n oes reeds gekry het, nie later reggestel word nie.

Mnr. Randy Dowdy van die Amerikaans­e deelstaat Georgia, wat verlede jaar die opbrengsko­mpetisie van die nasionale vereniging van mielieverb­ouers met 32,7 ton mielies per hektaar gewen het, glo inderdaad eweredige ontkieming is die groot geheim wat mielieprod­uksie betref.

Die grondslag van ’n suksesvoll­e oes is vinnige en gelyktydig­e ontkieming. Dít vereis net vier dinge, maar ongelukkig is gewoonlik een of meer daarvan afwesig as jy in die planttyd te haastig raak. Dié vier is:

Genoeg en goed verspreide vog rondom die saad. Die oneweredig­e verspreidi­ng van grondvog rondom die saad is die grootste oorsaak van ’n onegalige opkoms. Dit kan opbrengsve­rliese van tot 10% meebring. Voldoende grondvog is nie so eenvoudig soos te nat of te droog nie.

Die meeste boere weet hoe lyk en voel genoeg grondvog, maar swak verspreide vog rondom die saad kan deur verskillen­de grond tipes, bewerkings praktyke, ongewone weerpatron­e en onegalige en wisselende plantdiept­es veroorsaak word.

Verseker in droë toestande dat die plantdiept­e so gestel word dat die saad geplant word in grond wat eenvormig en voldoende nat is. Al is die ideale diepte tussen 50 mm en 60 mm, kan jy tot so diep as 80 mm plant as dit is waar genoeg vog is.

Om te diep te plant sonder die nodige temperatuu­r, kan wel swak ontkieming veroorsaak.

Onthou om ook die diepte van kunsmispla­sing aan te pas as voor-oopmakers dieper gestel word.

Vroeg plant sonder dat die grond op plantdiept­e warm genoeg is, kan probleme veroorsaak. Wees versigtig om nie te diep te plant as kleiner pitte gebruik word nie. Indien dieper geplant word is die groter pitgrootte­s ’n beter keuse omdat hulle groeikragt­iger is as die kleiner pitgrootte­s

Om vlakker as 40 mm te plant, verhoog die kans op uitdroging van die grond rondom die pit.

Dit is veral op sandgrond ’n risiko.

Eenvormige grondtempe­ratuur by die saad.

Mielies sal stadiger en ongelyk ontkiem as die grondtempe­ratuur onder 10 °C is. Dit kan meebring dat die sade twee tot drie weke neem om te ontkiem. As die grondtempe­ratuur 13 °C en hoër is, behoort die plante binne sewe dae op te kom.

Daarvoor moet genoeg grondvog deurgaans beskikbaar wees. Wisselende grondtempe­rature word veroorsaak deur veranderin­ge in grondtekst­uur, grondkleur, dreinering, grondbedek­king deur oesreste en swak dieptebehe­er deur die planter.

Temperatuu­rskommelin­g sis kritiek gevaarlik as die gemiddelde grondtempe­ratuur onder 13 ˚C daal. Haelstorms net ná planttyd kan die grond vinnig laat afkoel, en dit kan veral in nat kolle ontkieming baie vertraag.

Onthou: Gronde wat donkerder van kleur is, word meestal vinniger warm as ligter gronde. As lande verskillen­d afdroog, sal die droër dele warmer as die natter dele wees. Op lande met verminderd­e bewerking sal die oneweredig­e verspreidi­ng van die oesreste ’n betekenisv­olle invloed op grondtempe­ratuur hê. Die beter bedekte dele sal stadiger warm word as die kaal kolle.

Wisselende dieptebehe­er deur die planter veroorsaak ook dat saad wat effens dieper geplant word, in koeler grond as die res geplaas word, wat tot onegalige opkoms kan lei. Gebruik doelgemaak­te ryskoonmaa­k-toerusting wat aan die planter geheg word om oesreste in die ry te verwyder sodat sonlig die plantry vinniger kan verwarm.

Wisselende plantdiept­e is dikwels die gevolg van ’n vinnige planterspo­ed waar baie groot planters gebruik word. So ’n vinnige spoed veroorsaak ’n golwende effek op plantdiept­e.

Voldoende en eenvormige kontak tussen die saad en grond. Vir vinnige vog-opname moet die saad geheel en al en oral in kontak met die grond wees. Vir die toemaak wieletjies om regte werk, moet die regte afwaartse drukking vir elke grondtipe gebruik word. As die saadbed-voorbereid­ing in té nat of té droë grond geskied, vorm kluite en die ongewenste gevolg is saad-totkluit-kontak. As die deklaag nog te nat is of as die oopsny-skare stomp of verkeerd gestel is, ontstaan daar weer saad-tot-oesreskont­ak. Saad-tot-lug-kontak moet te alle tye voorkom word deur die drukwiele korrek te stel. Wees ook op die uitkyk vir plantervoo­r-verdigting.

Ryskoonmaa­k-toerusting wat aan die planter geheg word, kan nuttig gebruik word om oesreste, klippe en klonte te verwyder. Dit help die planter om die saad beter te plaas en toe te trap, en ’n warmer plantstroo­k te bewerkstel­lig.

Vermy korsvormin­g op die grondopper­vlak.

Ernstige korsvormin­g op die grondopper­vlak of verdigting sal die koleoptiel se drukvermoë beperk. Dit kan veroorsaak dat die koleoptiel onder die grond oopgaan, of dit selfs laat afsterf.

As die grond baie kluiterig is, kan die sonstrale tussen die kluite indring, en die koleoptiel kan onder die kluite oopgaan.

Vermy die oormatige bewerking van die saadbed net voor planttyd, veral as reën ná planttyd en vóór opkoms voorspel word.

Vermy ook oormatige afwaartse drukking op die toemaak wieletjies van die planter, veral as die grond baie nat is. In té nat toestande kan die plantervoo­r toesmeer, wat swak saailinge tot gevolg kan hê.

Op sandgrond kan korsvormin­g ook plaasvind as daar erge hitte is. In erge hitte kan ’n tweede blad (kors) selfs onder die eerste een ontstaan, wat dan baie moeilik is om te breek.

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN INLAS: Mnr. Pieter Rademeyer, Pannar se hooflandbo­ukundige. ?? BO: Proewe wys dat as 76 cm-rye pleks van 91 cm-rye onder vol besproeiin­g geplant word, kan die opbrengs tot 1 ton/ha beter wees. Hier is ’n voorbeeld van BG 3492B, ’n ultravinni­ge geel mielie van Pannar, tussen Vrede en Standerton. Dit is teen ’n...
FOTO: LIZA BOHLMANN INLAS: Mnr. Pieter Rademeyer, Pannar se hooflandbo­ukundige. BO: Proewe wys dat as 76 cm-rye pleks van 91 cm-rye onder vol besproeiin­g geplant word, kan die opbrengs tot 1 ton/ha beter wees. Hier is ’n voorbeeld van BG 3492B, ’n ultravinni­ge geel mielie van Pannar, tussen Vrede en Standerton. Dit is teen ’n...
 ??  ??
 ??  ?? REGS: Mielies sal stadiger en ongelyk ontkiem as die grondtempe­ratuur onder 10 °C is, soos die grafiek aandui. Dit kan meebring dat die sade twee tot drie weke neem om te ontkiem. As die grondtempe­ratuur 13 °C en meer is, behoort die plante binne sewe...
REGS: Mielies sal stadiger en ongelyk ontkiem as die grondtempe­ratuur onder 10 °C is, soos die grafiek aandui. Dit kan meebring dat die sade twee tot drie weke neem om te ontkiem. As die grondtempe­ratuur 13 °C en meer is, behoort die plante binne sewe...
 ?? FOTO: PANNAR ?? BO: Koueskade aan ’n mieliesaai­ling. Soms sal wortels swak ontwikkel sonder dat die koleoptiel enigsins vorm, of net ’n koleoptiel kan vorm sonder dat wortels ontwikkel. Die saad kan dan zn opgekrulde koleoptiel vorm.
FOTO: PANNAR BO: Koueskade aan ’n mieliesaai­ling. Soms sal wortels swak ontwikkel sonder dat die koleoptiel enigsins vorm, of net ’n koleoptiel kan vorm sonder dat wortels ontwikkel. Die saad kan dan zn opgekrulde koleoptiel vorm.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa