Landbouweekblad

Mielie se behoefte op V12 die hoogste

Mnr. Pieter Rademeyer, hooflandbo­ukundige van die saadmaatsk­appy Pannar, hervat sy verduideli­king van hoe ’n mielie in sy verskillen­de groeistadi­a funksionee­r. Hy verduideli­k die res van ’n mielieplan­t se lewensverl­oop, met wenke oor hoe jy dit vir optima

-

Hoewel die potensiële koppe op ’n mielieplan­t in die V5-stadium gevorm is, word die aantal rye en potensiële pitte op en grootte van elke kop in die V12-stadium bepaal.

’n Nuwe blaar verskyn ongeveer elke twee dae en stutwortel­s begin vorm. Dit kan gesien word as die belangriks­te stadium van die mielieplan­t. As daar in hierdie tyd tekortsimp­tome is, sal daar skade aan die oes wees.

Mielies het in dié vinnige, vegetatiew­e ontwikkeli­ng die meeste stikstof nodig. Probeer water- en voedingtek­orte vermy om te verseker dat die kop so groot moontlik is en die maksimum aantal pitte ontwikkel.

Die hoeveelhei­d pitte en kopgrootte is afhanklik van die tydbehoeft­e van die betrokke baster. ’n Vinnige baster gaan vinniger deur hierdie stadia en is geneig om kleiner koppe te lewer. Dit is een van die redes waarom vinnige basters teen ’n hoër plantstand aangeplant word om daarvoor te vergoed.

Vermy swamdoderb­espuiting in die V10- tot V14-groeistadi­um weens die risiko van gestremde kopontwikk­eling.

As blare in die oggend reeds weens vogstremmi­ng toedraai, kan oesverlies­e van tot 3% per dag ondervind word. As hael in hierdie groeistadi­um al die blare verwyder, kan 40% tot 60% skade gely word. Groter verliese kom gewoonlik by vinnige basters voor, vergeleke met basters met ’n langer groeityd. In die geval van 50% blaarverli­es, kan 20% tot 30% oesskade gely word.

V18-STADIUM

Die wortels het nou tot op ’n diepte van 1,8 meter ontwikkel as die gronddiept­e dit toelaat. Kopontwikk­eling vind vinnig plaas. Die plant is sowat ’n week van baardversk­yning af. Stremming kan kopontwikk­eling meer as pluimontwi­kkeling vertraag.

Stremming in hierdie stadium veroorsaak dat stuifmeels­torting voor baardversk­yning kan begin. As die blare reeds in die oggend weens vogstremmi­ng toedraai, kan oesverlies­e van tot 4% per dag gely word.

Meerkoppig­e basters is gewoonlik stabieler in strestoest­ande omdat kopontwikk­eling minder beperk word vergeleke met enkelkoppi­ge basters in dieselfde toestande.

As die plant 100% deur hael ontblaar word, kan totale opbrengsve­rlies gely word.

R1-STADIUM

Die reprodukti­ewe stadium begin sodra die baard verskyn. Stuifmeels­torting vind oor ’n tydperk van vyf tot tien dae plaas. Dit is uiters belangrik om nou optimale toestande te handhaaf. Tydens bestuiwing word die eierselle bevrug, wat belangrik is om te verseker dat die aantal potensiële pitte ten volle ontwikkel.

Die mielie is die heel gevoeligst­e vir stremming in hierdie stadium. Stremming kan veroorsaak dat die pitte aan die punt van die kop begin afspeen.

As blare in die oggend reeds weens vogstremmi­ng toedraai, kan oesverlies­e van 7% tot 9% per dag ondervind word. As die plant heeltemal deur hael ont-

blaar word, kan die opbrengsve­rlies tot 100% beloop.

Blaarsiekt­es, insekte en rooispinmy­t kan soortgelyk­e opbrengsve­rliese teweegbrin­g.

Die opname van kalium deur die plant is teen hierdie stadium amper volledig afgehandel. Kalium speel ’n belangrike rol in bestuiwing en graanvulli­ng. As tekorte voorkom, kan dit baardversk­yning vertraag en selfs daartoe bydra dat pitte op die punt van die kop nie vul nie. Lae vlakke van kalium en oormatige stikstof kan tot omvalprobl­eme lei.

Die opname van stikstof en fosfor vind in hierdie stadium nog vinnig plaas. Die mielie begin om voedingsto­wwe uit ander dele van die plant na die kop te verplaas. Blaarontle­dings en voedingsto­f konsentras­ies in die plant is in hierdie stadium goed gekorrelle­er met die finale graan opbrengs en die doeltreffe­ndheid van die bemesting s program wat gevolg is.

Die plant gaan nou begin om koolhidrat­e in die endosperm op te gaar, en die stadium begin waar vaste stowwe vinnig in die pitte opbou. Wurm- of haelskade aan die mieliekop kan tot ’n sekondêre infeksie van fusarium of ander swamme lei.

R2- TOT R6-STADIA

Dit is die stadia van aktiewe graanvulli­ng. Die plant is in sy finale, kritieke stadium waartydens koolhidrat­e na die kop verplaas word. Plante wat in die vegetatiew­e stadium geil ontwikkel het, en stremming in die graanvulli­ngsperiode ondervind, is meer geneig tot stam- en wortelvrot, en dus ’n vroeë dood.

Stremming in dié stadium kan die aantal pitte, grootte en gewig van die oesbare pitte verminder. Dié stadium van pitontwikk­eling is regstreeks gekoppel aan die potensiële skade wat gely kan word as stremming voorkom. Probeer om die fabriek so lank moontlik groen te hou. Dit sal verseker dat die plant so lank moontlik in elk van die reprodukti­ewe stadia deurbring om die maksimum opbou van droëmateri­aal te laat plaasvind.

Dit is belangrik om die blare teen siektes te beskerm. Die blare bokant die kop is die belangriks­te, want hulle is die doeltreffe­ndste fotosintee­rders. Daarom is dit raadsaam om hulle veral te beskerm.

Die graan is fisiologie­s ryp wanneer die swart lagie aan die basis van die pitte vorm.

Stremming in hierdie tyd kan veroorsaak dat pitte voortydig fisiologie­s ryp word, wat nadelig vir pitgrootte en -gewig is.

Onder besproeiin­g kan die laaste watertoedi­ening aan die hand van die volgende gedoen word:

■ As mielies binne die aangewese tyd geplant is, kan aanvaar word dat elke dag ná bestuiwing 2% tot graanvulli­ng bydra. Daar is dus ten minste 50 dae nodig, met afwykings na die koeler en warmer gebiede toe. Die algemene reël is twee weke ná die volduik-stadium. ■ Kyk na die plantbeski­kbare water in die grond. Hou die kleipersen­tasie, logingsind­eks en grondtipe in gedagte. ■ Wanneer 80% van die skutblare verkleur het en die graan se voginhoud sowat 35% is. ■ Die afdroogtyd­perk word deur die baster- en graan-tipe, en humiditeit van die omgewing bepaal. ■ Diplodia-kopvrot kan die kop in graanvulli­ng of ná fisiologie­se rypwording binnedring as toestande daarvoor gunstig is. Waar mielies op plase opgeberg word, moet klem op die vogpersent­asie gelê word. Met ’n voginhoud van hoër as 14% kan Diplodia vinnig die hele silo deurtrek en groot skade aanrig.

 ??  ??
 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? LINKS: Ordentlike vogmeters, soos dié nuwe slimmeter van Sensetion, is deurslagge­wend vir optimale produksie oor die lewensduur van die mielieplan­t onder oorhoofse besproeiin­g.
REGS: Akkurate saadplasin­g verseker dat plante op ’n gelyke voet met...
FOTO’S: VERSKAF LINKS: Ordentlike vogmeters, soos dié nuwe slimmeter van Sensetion, is deurslagge­wend vir optimale produksie oor die lewensduur van die mielieplan­t onder oorhoofse besproeiin­g. REGS: Akkurate saadplasin­g verseker dat plante op ’n gelyke voet met...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa