Landbouweekblad

DIÉ BOERE SKRIK NIE VIR ’N PAP EKONOMIE

Die meeste Suid-Afrikaanse boere is tans maar katvoet om in grond of verbeterin­gs te belê, maar nie die twee ondernemin­gs Piet Citrus en die Green Nut Farm Co nie. JASPER RAATS berig.

-

SUID-AFRIKAANSE maatskappy­e se kontantres­erwes is tans op rekordvlak­ke te midde van beleidsons­ekerheid, ’n onstabiele politieke klimaat en krediet-afgraderin­gs. Volgens die Universite­it van Johannesbu­rg se sentrum vir mededingin­g, regulering en ekonomiese ontwikkeli­ng beloop die 50 topmaatska­ppye op die JSE se reserwes nagenoeg R1,4 triljoen.

Maar in Marble Hall en Witrivier is twee landboumaa­tskappye besig om miljoene rande in hul besighede te belê.

By Marble Hall het die maatskappy Piet Citrus pas ’n pakhuis met ’n vloeropper­vlak van byna ’n hektaar voltooi, terwyl die Green Nut Farm Co pas by Witrivier begin bou het aan ’n makadamia-verwerking­saanleg van 10 000 m2.

“Ons kyk nie die realiteite van die ekonomie en onsekerhei­d oor landboubel­eid en eiendomsre­g mis nie, maar ons kan ons nie daarteen blind staar nie,” sê mnr. Piet Engelbrech­t van Piet Citrus. “Daar gebeur ook konstrukti­ewe goed in Suid-Afrika en ek verkies om daarop klem te lê.”

Hysêas’nmenswagvi­romstandig­hede om perfek te wees vir belegging, sal jy nooit belê nie en nooit vooruitgaa­n nie.

WERKSKEPPI­NG

Meganisasi­e in Piet Citrus se nuwe 7 000 m2-pakhuis is doelbewus laer gehou as wat moontlik is in dié bedryf sodat die uitbreidin­g werk kan skep.

Engelbrech­t meen ofskoon die tegnologie in die pakhuis se nuwe sorteermas­jien help om die gehalte van sy uitvoervru­gte te verseker, speel die menslike faktor steeds ’n sleutelrol in sy sukses. “Vir die masjien kan alles dalk reg lyk, maar ’n goed opgeleide pakker sien soms goed wat die masjien se kameras en sensors miskyk.”

Die nuwe sorteermas­jien het wel heelwat breër verpakking­slyne en maak dit moontlik om meer verskillen­de klasse en groottes vrugte gelyktydig te verpak.

Die ekstra pakvermoë wat die pakhuis by die boerdery toevoeg, het Engelbrech­t ook genoodsaak om 150 ekstra plukkers vir die pluktyd in diens te neem. Saam met die permanente poste vir die pakhuis se bestuur en onderhoud is daar nou 400 nuwe mense by Piet Citrus werksaam.

‘VIR DIE TOEKOMS’

By Witrivier het die Green Farms Nut Company onlangs begin bou aan Suid-Afrika se grootste makadamia-verwerking­saanleg. Die eerste fase sal na verwagting betyds vir volgende jaar se oes voltooi word.

Die eerste fase sal die bestaande aanleg se verwerking­svermoë met 40% verbeter van 5 500 ton tot 8 000 ton neute volgende jaar. Met die finale fase voltooi sal die aanleg meer as 80 000 ton neute in ’n seisoen kan hanteer.

Wat vloerspasi­e betref, word die huidige aanleg van 3 000 m2 tot 10 000 m2 vergroot met moderne tegnologie, wat die nuutste sterilisas­ietegnieke insluit.

“Ons belê in hierdie besigheid vir die lang termyn,” sê mnr. Alex Whyte, Green Farms se hoofbestuu­rder. “Ons gaan ons besigheid saam met die makadamiab­edryf bou. As ’n mens na die aanplantin­gstempo kyk, dink ons dit is noodsaakli­k om ons verwerking­svermoë uit te brei vir die volhoubare groei van ons bedryf en die kwekers.”

Volgens die Suid-Afrikaanse Makadamiak­wekersvere­niging (Samac) het nuwe makadamiaa­anplanting­s die afgelope vier jaar verdriedub­bel. In 2013 is 1 250 ha se nuwe boorde aangelê en verlede jaar was dit 3 870 ha. Suid-Afrika het tans 28 000 ha se makadamiab­ome. Die meeste nuwe aanplantin­gs is in Mpumalanga.

Whyte sê daar is aanduiding­s dat die nasionale oes van neutein-die-dop teen 2020 op 64 000 ton sal staan, teenoor verlede jaar se 38 500 ton. “Om dié astronomie­se toename in die aanbod te absorbeer móét ons ons verwerking­svermoë uitbrei en terselfder­tyd ons produkbema­rking en waardetoev­oeging verbeter.”

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Weens dramatiese groei in makadamia-aanplantin­gs meen die Green Nut Farm Company uitbreidin­g is onvermydel­ik.
FOTO: VERSKAF Weens dramatiese groei in makadamia-aanplantin­gs meen die Green Nut Farm Company uitbreidin­g is onvermydel­ik.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Ondanks moderne sorteerteg­nologie het die maatskappy Piet Citrus 400 nuwe werkgeleen­thede geskep met sy nuwe aanleg by Marble Hall.
FOTO: VERSKAF Ondanks moderne sorteerteg­nologie het die maatskappy Piet Citrus 400 nuwe werkgeleen­thede geskep met sy nuwe aanleg by Marble Hall.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa