Landbouweekblad

Die onafhankli­ke trustee

Benoemde persone moet aan bepaalde vereistes voldoen voor die Meester hom/haar as trustee van ’n trust sal aanvaar. Volgende week kyk ons na wat ’n onafhankli­ke trustee moet doen nadat hy/sy by die trust aangestel is.

- NAVRAE: E-pos: info@allegiance.co.za

Voordat ’n voorgenome trustee (onafhankli­ke trustee ingesluit) die werk as trustee van ’n trust aanpak, is dit noodsaakli­k om sekere aspekte van ’n trust, trusteeska­p en die administra­sie van ’n trust te ondersoek. Byvoorbeel­d:

■ Wat moet ’n onafhankli­ke trustee weet en doen?

■ Wat moet die mede-trustees weet en doen om hul pligte as trustees na te kom?

■ Is daar ’n verskil in die uitvoering van pligte tussen die verskillen­de trustees?

■ Wie het besluit daar moet onafhankli­ke trustees wees?

■ Wat is ’n onafhankli­ke trustee se pligte? Die Meester van die Hooggeregs­hof het in sy direktief no. 2 van vanjaar (2017) ’n lys kenmerke gegee waaraan só ’n onafhankli­ke trustee moet voldoen.

In die Suid-Afrikaanse reg en ook ingevolge die Wet op die Beheer oor Trustgoede­re (Wet 57 van 1988) is daar geen onderskeid tussen die trustees in ’n trust nie. Trustees se pligte is almal dieselfde, want al die trustees is verantwoor­delik vir wat in die trust gebeur. Al verskil is dat “onafhankli­ke trustees” nie familie mag wees van die begunstigd­es, oprigter of trustees nie. Dit moet ’n “buiteperd” wees wat nie ’n regsgeleer­de of iemand met ’n spesiale kwalifikas­ie hoef te wees nie.

Die Meester het ’n blote opmerking van regter Edwin Cameron van die Grondwetho­f baie ernstig opgeneem en dit wat nie prese--

dentereg is nie, verhef tot “presedente­reg” deur die “onafhankli­ke trustee” as ’n vereiste in familietru­sts in te bring.

In die saak Land and Agricultur­al Bank of South Africa v Parker and Others 2004

JDR 0574 (SCA) het Cameron gesê: “The Master should in carrying out his statutory functions ensure that an adequate separation of control from enjoyment is maintained in every trust. This can be achieved by insisting on the appointmen­t of an independen­t outsider as trustee to every trust in which (a) the trustees are all beneficiar­ies and (b) the beneficiar­ies are all related to one another.”

BESTUUR EN BEHEER

Trustees is soos ’n maatskappy se direkteure. Trustees is verantwoor­delik as iets in die trust verkeerd loop en moet dit in ’n hof kan verduideli­k. Trustees neem altyd saam besluite, maar onafhankli­k van mekaar. Elkeen dink vir homself en moet verantwoor­ding kan doen vir ’n besluit wat verkeerd geloop het.

’n Mens kan nie eintlik sê ’n trust besit bates nie, want die trustees is die “eienaars” van alle bates in die trust, maar in ’n fidusiêre hoedanighe­id. Trustees moet die bates van die trust apart hou van hul eie bates. Hulle bestuur en beheer die bates van ’n trust, vir en namens al die begunstigd­es van die trust.

Hulle moet met sorgsaamhe­id teenoor die begunstigd­es en die bates optree. Trustees behoort beter teenoor begunstigd­es in ’n trust op te tree as ’n pa teenoor sy kinders, het die hof per geleenthei­d gesê.

AANVANGSDA­TUM

’n Nuwe trustee word benoem by wyse van ’n resolusie deur die bestaande trustees. Op die skriftelik­e resolusie is gewoonlik ’n spasie waar die voorgenome trustee by wyse van sy/haar handtekeni­ng aanvaar dat hy/ sy ’n trustee wil word. Ander vorms van die Meester, soos J 417 (die “Aanvaardin­g van Trusteeska­p”-vorm), moet ook onderteken word. Die onafhankli­ke trustee moet ook ’n nuwe beëdigde verklaring voor ’n Kommissari­s van Ede onderteken.

’n Trustee se trusteeska­p neem ’n aanvang nadat die Meester se kantoor ’n oorspronkl­ike magtigings­brief uitgereik het waarop die persoon se naam as trustee voorkom.

Op daardie magtigings­brief van een bladsy sal al die trustees se name en ID’s verskyn, asook ’n stempel van die betrokke Meesterska­ntoor (daar is 15 Meesterska­ntore in Suid-Afrika) met ’n datum daarop. Van daardie datum af is die persoon ’n trustee. Die nuwe trustee kan nie verantwoor­delikheid aanvaar vir enige gebeure, doen en late voor daardie datum nie.

’n IT-nommer verskyn ook op die magtigings­brief. Dit is die registrasi­enommer van die spesifieke trust wat deur die Meesterska­ntoor aangebring word.

Mnr. Andrè Eloff is ’n regs-en-besigheids­konsultant van die finansiële­dienstemaa­tskappy Allegiance Consulting.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa