Landbouweekblad

Hoe veilig is leen by Land Bank?

Die beskikbaar­heid van finansieri­ng word gereeld beskryf as die olie van ’n moderne ekonomie. Sonder voldoende en geskikte finansieri­ng word groei aan bande gelê en die moderne ekonomie sal nie kan funksionee­r nie.

-

Die beskikbaar­heid van finansieri­ng was die groot knelpunt met die finansiële krisis in 2008-’09. Dit was toe een van die wêreld se grootste banke bankrot gespeel het en geld en kapitaalma­rkte tot stilstand gekom het.

Hierdie gebeure het ’n kwaai en ernstige wêreldwye resessie veroorsaak, asook die sogenoemde “zero rentekoers”-benadering in die Weste, waarvan baie lande nou eers begin herstel.

Wat die moderne kommersiël­e landbou betref, is finansieri­ng oor die wêreld heen ook die “olie” wat produksie laat loop. Net so belangrik is egter die finansieri­ng van die produkte (via kopers) nadat die produkte die plaas verlaat het. Dit kan ’n jaar en langer kos vir plaasprodu­kte om verwerk en in die handel verkoop te word. Dit geld byvoorbeel­d wyn, wol, droëvrugte, graan en suikerriet, om net enkele voorbeelde te noem.

Sonder ’n ordentlike wetlike raamwerk en ’n regstelsel wat werk en die eiendomsre­g van produkte duidelik uitspel, is dit nie moontlik nie. In die geval van primêre produksie is grond en die waarde daarvan as sekuriteit meestal die grondslag waarop ’n mens finansieri­ng en produksiek­rediet kan kry om te kan boer. Daar moet dus ook wetlike sekerheid wees oor aspekte, soos pandreg, maar veral oor die eiendomsre­g en waarde van grond as sekuriteit.

Dit is hier waar die ongeletter­des in die ANC en sy meelopers wat karring oor grond en eiendomsre­g plat op hul neuse gaan val. Indien dié aspekte onder verdenking kom, sal die beskikbaar­heid van krediet afneem en die wiele van kommersiël­e landboupro­duksie sal stadig maar seker al hoe stadiger draai.

Die resultaat sal ’n afname in die hoeveelhei­d kommersiël­e voedsel op rakke in stede wees, wat op sy beurt tot onluste, hongersnoo­d en vele meer sal lei.

Dit gaan nie daaroor of dit pienk of groen of wit of swart boere is nie. Die feit is dat sowat 70% van Suid-Afrika se mense in stede sit en sowat 90% van die bevolking kos hoofsaakli­k van winkelrakk­e af koop. Dit is gevaarlik om dié masjien stadiger te laat werk en nie die wiele te “olie” nie.

BELANGRIKH­EID VAN FINANSIERI­NG

GRAFIEK 1 toon die verloop van landbousku­ld en skuld as persentasi­e van bates in die landbou. Die stygende neiging in die skuldverho­uding is baie duidelik, wat enersyds dui op ’n verswakken­de finansiële situasie, maar andersyds ook op hoe belangrik finansieri­ng in landboupro­duksie is.

Dit is belangrik om te onthou dat dié syfer die uitstaande landbousku­ld op ’n sekere datum is (einde Desember verlede jaar) en dit weerspieël dus nie die volle omvang van finansieri­ng wat deur die jaar gebruik is nie.

Die ander faktor om in ag te neem is dat finansieri­ng in die landbou die afgelope dekade meer vernuwend geraak het. Daar is ook groter mededingin­g tussen finansiers.

Stygende grondwaard­es oor die afgelope dekade het ook grootliks bygedra om finansieri­ng moontlik te maak.

Gegewe die groot beleidsons­ekerheid wat daar in die landbou en die ekonomie is, asook ten opsigte van eiendomsre­g, kan ’n mens verwag dat grondpryss­tygings in die landbou oor die volgende paar jaar gaan afplat. Dit sal ook saamval met die resessie in die ekonomie en banke wat finansieri­ng terugtrek.

ROL VAN DIE LAND BANK

Lesers sal onthou dat die Land Bank enkele jare gelede op die rand van bankrotska­p gehuiwer het en daar moes ’n ernstige regrukstra­tegie plaasvind. Die enigste aandeelhou­er (die staat) moes kapitaal stort om die balansstaa­t te versterk, kapitaal en reserwes aan te vul en dit ’n lopende saak te hou.

Die jongste finansiële resultate van die Land Bank toon dat hy op ’n herstelpad is en weer winsgewend is. Voorsienin­gs vir slegte skuld en die werklike afskrywing van slegte skuld het baie meer onder beheer gekom.

Die Land Bank se jaarversla­g is interessan­te leesstof. Sy mandaat spel baie duidelik uit dat finansieri­ng aan die kommersiël­e landbou deel van sy mandaat is (sien GRAFIEK 2 ).

Baie finansieri­ng vloei ook van die Land Bank via landboubes­ighede na boere. Dit gebeur in die vorm van finansieri­ng van produksiem­iddele, asook die aankoop van produkte en die opberg van voorraad. Gaan kyk maar in landboubes­ighede se finansiële state – die Land Bank speel by party ’n groot rol as groot handelfina­nsier.

Die Land Bank stel dit redelik onomwonde dat hy sal voortgaan om die kommersiël­e

landbou en die verwerking en verhandeli­ng van landboupro­dukte te finansier.

Die Land Bank het natuurlik goeie kommersiël­e kliënte op sy boeke nodig sodat sy eie risiko van slegte skuld nie te groot raak weens swakker kliënte op sy boeke nie.

Die Land Bank het sy rol in die opkomende landbou duidelik gedefiniee­r en speel ’n toenemend belangrike rol as finansier op ’n kommersiël­e grondslag. Finansieri­ng aan die opkomende landbou het die afgelope boekjaar heelwat gegroei: Vanaf 6% van hul besigheid wat gedoen is tot sowat 11% (nagenoeg R4,9 miljard).

GRAFIEK 3 toon hoe die Land Bank se finansieri­ng aan die landbou oor die afgelope paar jaar gegroei het.

Sy jongste jaarversla­g toon dat hy bates van R41 miljard het (hoofsaakli­k bestaande uit lenings op sy boeke) met ’n besigheids­boek van sowat R43 miljard vir die afgelope jaar. Die wins in die bank was sowat R316 miljoen. Voorsienin­g vir slegte skuld het net R81 miljoen beloop, wat ook gemaklik beskou word teen die wins, reserwes en eie kapitaal van sowat R5,3 miljard.

Die Land Bank sien ook sy rol toenemend in oesverseke­ring en versekerin­g in die landbou as ’n instrument om sy risiko te bestuur, iets waarvan kommersiël­e banke wegskram. Daar is die afgelope boekjaar sowat R550 miljoen se premies geskryf.

Daar is ook nuwe tegnologie­se ontwikkeli­nge aan die gang, wat vorentoe ’n meer vereenvoud­igde en goedkoper produk in Suid-Afrika beskikbaar kan stel. Opkomende boere sal ook daardeur oesverseke­ring kan kry.

Dit sal help om as gedeelteli­ke sekerheid vir finansieri­ng van die oes te dien. Dit word “indeksvers­ekering” genoem en bestaan reeds in onder meer Australië en Kenia.

Dit kom daarop neer dat jy in ’n spesifieke geografies­e gebied versekerin­g kan uitneem sodat indien die reënval met ’n sekere persentasi­e onder die normale syfer is, daar outomaties geld aan jou uitbetaal word sonder dat ’n assessor jou moet besoek.

Daar moet natuurlik goeie data beskikbaar wees, asook goeie GPS-inligting in kleiner streke. Ons is egter basies reeds daar. Dit sal ook ’n geleenthei­d bied vir die staat om met subsidies op die premies betrokke te raak, iets waaroor daar reeds gesprekke en ’n ondersoek was.

TEN SLOTTE

Dit wil voorkom asof die Land Bank stewig op pad is om op ’n gesonde grondslag besigheid te doen. Volgens sy jaarversla­g sien die bank die finansieri­ng van die kommersiël­e landbou steeds as die hoeksteen, maar die bank gaan ook toenemend finansieri­ng aan opkomende boere verskaf.

Kommersiël­e boere vra dikwels die vraag: Is dit “veilig” om by die Land Bank te leen? My beskeie mening is dat die Land Bank tans in ’n baie beter posisie verkeer as ’n paar jaar gelede en dat ’n mens gerus na sy finansieri­ngsopsies kan kyk.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa