Landbouweekblad

VOORDELE VAN GESAMENTLI­KE BEMARKING

-

ME. LINDIE STROEBEL,

bestuurder van die produkbema­rkingsvere­niging PMA Suider-Afrika, meen die model van Market Demand Fruit (MDF) kan tot groot nut vir die gefragment­eerde varsproduk­tebedryf en veral die groentebed­ryf wees.

“Daar kan agt verskillen­de bemarkings­kanale (vir vars produkte) gevolg word, waarvan bitter min groenteboe­re formele kontrakte of kopersprog­ramme van supermarkt­e gebruik. Die handjie vol wat dit doen, moet aan streng standaarde en baie vereistes voldoen, maar pluk ook die vrugte as hulle dit reg doen.”

Die meeste groenteboe­re lewer hul produkte op die varsproduk­temarkte, waar dit met die samewerkin­g van ’n agent verkoop word. Lindie sê die rol van die agente is baie belangrik. Die individuel­e groenteboe­re gebruik die geleenthei­d om ’n verhouding te bou met iemand wat ook ’n verhouding met die kopers bou en die mark goed verstaan.

“Maar die individuel­e boere kan soveel meer voordeel kry as hulle gesamentli­k bemark – óf regstreeks aan ’n supermark óf deur ’n agent. Dan kan hulle, soos binne die MDF, hulle toespits op wat hulle goed doen, naamlik produkte lewer. Die rimpeleffe­k sal dan ’n meer volgehoue voorsienin­g van gehaltepro­dukte meebring en die boere sal dus aan kopersprog­ramme kan deelneem. Daar is werklik vir die individuel­e vrugteboer en die meeste groenteboe­re baie te leer by modelle, soos dié van MDF,” sê Lindie.

Volgens MNR. RUDI ENGELKE, ’n groenteboe­r van Joostenber­gvlakte buite Kaapstad, is die probleem vir groenteboe­re om aan die streng vereistes te voldoen en ’n kopskuif te maak oor waar hulle hulself in die mark wil posisionee­r. “Die meeste van ons groenteboe­re is nie gewoond daaraan om groente van topgehalte uit te soek en die res as tweede- of derdegraad­s in sakkies te druk nie. Ons is nóg minder gewoond aan die streng administra­tiewe vereistes van uitvoer- en bemarkings­programme.

“Vrugteboer­e wat al jare lank by die uitvoermar­k betrokke is, is al daaraan gewoond en ek dink nie hulle besef watter voordeel daardie leerskool vir hulle was nie. Daar is geen twyfel dat gesamentli­ke bemarking ’n goeie manier is om jouself teen onsekerhed­e te verskans en ’n beter bedingings­mag op te bou nie.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa