Landbouweekblad

STUUR GELD OOR LANDSGRENS­E HEEN

- NAVRAE: Webwerf: www.hellopaisa.co.za

Danksy ’n selfoontoe­passing is dit makliker as ooit om geld van een land na ’n ander te stuur.

Menige plaaswerke­r reis sélf na ’n ander land om geld “huis toe te neem”, terwyl ander dit aan vriende toevertrou, wat ’n stewige fooi vir dié diens vra. Handelsban­ke is een oplossing, maar nie vir mense wat min geld verdien en in afgeleë gebiede woon waar geen bankdienst­e is nie.

Mnr. Ribu Mabelane van die Hello Groep sê mobiele geldoordra­g is ’n beter manier om geld te stuur en bemagtig boonop mense in die lae inkomstegr­oep. Volgens die Wêreldbank woon 70% van die wêreld se bevolking in landelike gebiede waar die landbou die grootste werkverska­ffer is. Boonop is 42% van die boere op aarde nie lid van ’n bank nie.

In die lig van finansiële insluiting wat deel van die Nasionale Ontwikkeli­ngsplan is, stel die Hello Groep ’n toepassing, Hello Paisa, beskikbaar waarmee geld met behulp van enige selfoon gestuur kan word; nie net met slimfone nie. Hello Paisa was die eerste onafhankli­ke instelling wat ’n lisensie vir dié doel van die Suid-Afrikaanse Reserweban­k ontvang het. Daarmee kan ’n plaaswerke­r sy geld te eniger tyd aanstuur.

Mabelane beskryf dit as veilig, vinnig en goedkoop. Die gemiddelde versending­skoste bedra 5% teenoor koste van 15-20% wat deur sommige banke gehef word. Na raming het Hello Paisa werkers al R150 miljoen bespaar. Ongeveer 350 000 mense gebruik reeds dié diens.

Prys: Gratis

 ??  ?? Gratis
Gratis

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa