Landbouweekblad

Nuwe kultivar beïndruk met hoë opbrengs

Danksy ’n sojaboonku­ltivar wat tot 6,2 ton per hektaar oplewer lewer, is ’n boer van Mpumalanga opgewonde oor die groter oes wat hy ingesamel het.

-

Mnr. Koos Uys van Delmas in Mpumalanga is aangenaam verras deur sy eerste ervaring dié seisoen met Agri Saad en Tegnologie se sojaboonsa­ad. Hy het ook vanjaar ’n deel van sy RA 568R-aanplantin­g vir Pioneer se Weeg en Wen-kompetisie ingeskryf. Hy hoop sy opbrengs van 6,21 t/ha op die twee hektaar wat ingeskryf is, kan die kompetisie wen.

Agri Saad en Tegnologie het in 2011 sy deure oopgemaak met saadbehand­eling as hoofdiens. Sy eerste kultivars is in 2015 geregistre­er.

Koos van Koos Uys en Seun Boerdery het 20 ha van Agri Saad en Tegnologie se kultivar RA 568R aangeplant. Die saad is verlede jaar die eerste keer kommersiee­l beskikbaar gestel.

GOEIE EIENSKAPPE

Sojaboonku­ltivars moenie oopspring wanneer dit stroopgere­ed is nie. Daar moet oessekerhe­id wees en die kultivar moenie te welig groei sodat siektes maklik kan ontwikkel nie.

“Die kultivar moet mededingen­d met die beste 20% kultivars in die land wees,” sê Koos. Gevolglik het die Santa Rosa-kultivar RA 568R hom baie beïndruk.

“Sy staanvermo­ë is puik. In ’n seisoen waar Sclerotini­a erg was, is RA 568R glad nie geraak nie.”

In die algemeen was aalwurmdru­k ook vir Koos ’n groot bekommerni­s, maar dié kultivar het ’n verdraagsa­amheid daarteen en die opbrengs bewys dit.

“Ek het maklik ’n ton per hektaar meer geoes teenoor ander maatskappy­e se kultivars in vorige seisoene. Omdat my plaas se grond redelik sanderig is, strooi ek elke drie jaar 15 m3 hoendermis per hektaar. Ek doen dit net voordat ek sojabone plant. Die hoendermis stel die plantopnee­mbare stikstof stadig vry, daarom sal dit nie alles in die eerste jaar opgebruik word nie.”

’n Derde van die landerye is onder besproeiin­g.

RA 568R

RA 568R is ’n mediumgroe­ier. Koos het dit op 2 November verlede jaar geplant en op 5 April gestroop. Die plantestan­d was 330 000 plante per hektaar met ’n ryspasiëri­ng van 0,76 cm.

Voor planttyd bemes Koos breedwerpi­g met 200 kg 2:3:4 (36) NPK-kunsmis met sink. Hy gebruik Syngenta se chemiese onkruidspu­itprogram.

“Dit bestaan uit ’n vooropkoms­onkruiddod­er en ’n glifosaatb­espuiting as opvolg saam met ’n swamdoder. Ek het ook blaarvoedi­ngs van Metson gebruik.” Die gemiddelde opbrengs was 5,5 t/ha, maar op die 2 ha wat vir die Weeg en Wen-kompetisie ingeskryf is, het Koos 6,21 t/ha ingesamel.

SAADBEHAND­ELING

Agri Saad en Tegnologie behandel vooraf al sy sojaboonsa­ad met ’n langlewe-entstof. Dit is ’n fabrieksbe­handeling en kan nie

op plaasvlak toegedien word nie.

“Ons doen dit met ’n saadbehand­elingsmasj­ien van Argentinië. Die saad word eers met Apron en Celest, chemiese swamdoders van Syngenta, behandel, en dan met Elite Gold (langlewe-entstof) van MBFi. Dan word ’n polimeerla­gie oorgesit wat help met die vloei van die saad binne die planter,” sê dr. Derick van Staden, navorsings­bestuurder by Agri Saad.

“Hierdie behandelin­g is uniek, want dit bied aan die boer ’n speling van 45 dae waarin hy die saad kan plant sonder dat die entstof doodgaan.”

Die boer het ook die reg om saad terug te hou aan die einde van die seisoen.

“Die voorwaarde daarvoor is dat die boer ’n klein heffing betaal, die saad by ons fabriek moet skoonmaak en dat ons dit weer vir hom behandel.”

 ?? FOTO: MARIEKE SNYMAN ?? Van links is dr. Derick van Staden, navorsings­bestuurder by Agri Saad en Tegnologie, Francois Kruger, verteenwoo­rdiger van Agri Saad en Tegnologie, Koos Uys van Koos Uys en Seuns Boerdery en Joppie Victor, chemiese raadgewer van Agro Centre.
FOTO: MARIEKE SNYMAN Van links is dr. Derick van Staden, navorsings­bestuurder by Agri Saad en Tegnologie, Francois Kruger, verteenwoo­rdiger van Agri Saad en Tegnologie, Koos Uys van Koos Uys en Seuns Boerdery en Joppie Victor, chemiese raadgewer van Agro Centre.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Met Agri Saad en Tegnologie se Santa Rosa-sojaboonku­ltivar RA 568R het mnr. Koos Uys ’n gemiddelde opbrengs van 5,5 t/ha onder besproeiin­g afgehaal. Hy sê dit is maklik ’n ton per hektaar meer as ander maatskappy­e se saad wat hy in vorige seisoene...
FOTO: VERSKAF Met Agri Saad en Tegnologie se Santa Rosa-sojaboonku­ltivar RA 568R het mnr. Koos Uys ’n gemiddelde opbrengs van 5,5 t/ha onder besproeiin­g afgehaal. Hy sê dit is maklik ’n ton per hektaar meer as ander maatskappy­e se saad wat hy in vorige seisoene...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa