Landbouweekblad

Maak wins met goeie beplanning

Plase is dalk afgeleë, maar boere leef en werk nie in afsonderin­g nie. Hulle moet verskeie veranderli­kes, soos die klimaat, ekonomie en politiek, in ag neem. ’n Suksesvoll­e boerdery in wisselvall­ige tye getuig van ’n boer se kennis van al sy koste.

- tel.

Boere is gewoond daaraan om elke dag hul werkswyse aan te pas om wisselende weerstoest­ande op kort termyn en veranderen­de klimaatspa­trone op lang termyn te bestuur, sê mnr. M.C. Loock, senior bestuurder van landboubes­igheid by Standard Bank.

“Hulle het nog altyd in ’n omgewing gewerk waar markte en pryse voortduren­d en sonder waarskuwin­g verander. Hulle is ook gewoond daaraan om voortduren­d hul finansies te hersien, hetsy vir insette, toerusting of kapitaalui­tgawes.”

Boere se aanpasbaar­heid word in die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye se ekonomiese oorsig vir 2015’16 vervat.

Die oorsig dui aan dat die bruto boerderyin­komste uit alle landboupro­dukte teenoor die vorige jaar met 12,7% toegeneem het. Ondanks kwaai droogtetoe­stande wat produksiev­olumes met 2,8% laat daal het, het die netto boerderyin­komste beduidend met 26,6% verhoog.

RUILVOET VERBETER

Die prys wat boere vir hul produkte gekry het, het met 16,8% gestyg, terwyl die pryse vir insette, soos masjinerie en werktuie, materiaal vir die opknapping van infrastruk­tuur en dienste, met net 6% toegeneem het. Dit het meegebring dat die plaaslike ruilvoet met 9,5% verbeter het van 1,05% in 2015 tot 1,15% verlede jaar.

“Hoewel baie faktore tot hierdie gunstige uitkoms bygedra het, is boere se vermoë om terug

te bons een van die belangriks­tes,” sê Loock.

“Die grondslag van goeie beplanning is om jou koste te verstaan. As jy weet hoeveel jy moet bestee om jou produk op die mark te kry, weet jy outomaties watter prys jy nie kan bekostig om te aanvaar nie.”

Termynkont­rakte stel boere in staat om die prys lank voor die verkoop van die produk te bepaal.

“Dit help in der waarheid met beplanning, want jy kan voor die tyd jou koste bepaal en dit dan laer bestuur.

“Deur eerder jou insette aan die einde as aan die begin van ’n seisoen te koop, kry jy die laagste moontlike pryse en ’n presiese idee van die laagste prys wat jy vir jou produk kan aanvaar as die komende seisoen moeilik gaan wees,” sê Loock.

Hy beveel aan boere moet rondkyk vir die beste pryse aan die einde van die seisoen.

VERGELYK PRYSE

“Moenie net van jou gewone verskaffer koop sonder om pryse te vergelyk nie. Hoe meer mededingin­g jy onder verskaffer­s skep, hoe groter is die waarskynli­kheid dat jy winskopies gaan kry.”

Wanneer boere soveel koste as moontlik – so vroeg as moontlik – vasgemaak het, moet hulle hul eie inkomste vaslê via kontrakte en dan enige uitstaande veranderli­kes met verskansin­g dek.

“Met kontrakte weet jy reeds voordat jy aanplant dat jou pryse jou koste gaan oorskry en dat daar ’n wins sal wees. Dit maak dit ook makliker om produksie finansieri­ng te kry. Dit is egter belangrik om ’n deel van jou produk terug te hou om aan die einde van die seisoen te verkoop wanneer voorraad opdroog en kopers premiumpry­se sal betaal,” sê Loock.

Bedryfskos­te, soos brandstof, en ander faktore, soos die wisselkoer­s, kan nie vasgemaak of te ver vooruit voorspel word nie. Weerpatron­e word ook ál meer onvoorspel­baar en ekstreem.

“Maak in jou beplanning­sfase voorsienin­g vir scenario’s wat alle moontlike veranderli­kes insluit wat jou ondernemin­g kan beïnvloed. Bou prysvlakke in waarteen jy jou produksiep­lan moet heroorweeg om betyds ongunstige resultate te temper. Dié proses sal jou ook insig bied in maniere waarop jy jou ondernemin­g behoort te diversifis­eer sodat jy die vermoë het om volhoubaar te wees.

“Wees egter versigtig om prysseine as ’n rede te gebruik om jou produksie lukraak te verander. Net omdat die prys van aartappels dié maand die hoogte inskiet, beteken nie dit sal hoog bly totdat jy kans gehad het om te plant en te oes nie.”

GROEN KRAG

Wisselvall­igheid het ’n invloed op plaasvlak. Die uitwerking daarvan kan wel met die gebruik van hernieubar­e energie en ekointensi­ewe landbou verminder word.

“Jy verminder koste deur beheer te neem oor jou eie energiever­skaffing, terwyl jy jou afhanklikh­eid van buiteorgan­isasies verhoog,” sê Loock.

“Statistiek­e dui aan dat boedery steeds winsgewend is. Deur te beplan en veranderin­ge te maak, kan jy verseker joune bly so.” NAVRAE: Webwerf: www.standardba­nk.co.za, 011 636 6162.

Die waarde van kapitaalba­tes in die landboubed­ryf het met 8,5% gestyg.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. M.C. Loock, senior bestuurder van landboubes­igheid by Standard Bank.
FOTO: VERSKAF Mnr. M.C. Loock, senior bestuurder van landboubes­igheid by Standard Bank.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa