Landbouweekblad

Kampeer met luukse tent

As jy hou van kampeer, maar ook die luuksheid van ’n chalet waardeer, is Bushtec Safari se nuwe reeks beslis wat jy in gedagte het.

-

Bushtec Safari, die leier in die ontwerp en vervaardig­ing van luukse tente vir die toeristema­rk, lodge-eienaars en tenthotell­e, bied aan elkeen met drome oor die buitelugle­we die geleenthei­d om die nuwe Glamp Cabin1 te besit.

Met die “glamping”-konsep, wat die nuwe neiging wêreldwyd is, bied Bushtec Safari ’n nuwe reeks aan. Grondeiena­ars kry daardeur die geleenthei­d om op daardie mooi stuk grond, by die rivier of tussen die bome, ’n huis weg van die huis af te hê – hetsy as ’n gastehuis of vir persoonlik gebruik.

Die Glamp Cabin1 is die ideale konsep wat vinnig is om te installeer. Dit het boonop die nodige geriewe waarsonder ’n mens nie wil klaarkom nie. Dit kan selfs die basiese retikulasi­edienste verskaf om te verseker dat jou Glamp Cabin1 die ideale wegbreekpl­ek vir jou bied.

Die binne-oppervlak van die Glamp Cabin1 is 35 m2. Die pakket bestaan uit militêregr­aad skeurvryma­teriaalten­t op ’n houtdek. Die binneruim is groot genoeg sodat ’n gesin van vyf daarin kan slaap. Dit het ook ’n en suite-badkamer met ’n wasbak, stort en toilet, klein kombuis, leefarea en veranda wat vir heerlike kuiers in die natuur gebruik kan word.

Met die Glamp Cabin1-pakket het kliënte die opsie om slegs die tent, dek en harde verdelings te bestel, maar dit kan ook bestel word met meubels, wat die badkamer en basiese linne insluit. Dit is ’n ongeloofli­ke aanbieding wat met albei hande aangegryp moet word.

Wees deel van die Bushtec familie van Canvas and Tent. “Bushtec Safari – Designed to impress. Built to last.”

 ??  ?? BO: Dit is nie nodig dat luuksheid in die slag moet bly wanneer jy kampeer nie. Bushtec Safari bied vyfsterger­iewe aan enigiemand wat van kampeer én luukse geriewe hou. FOTO’S: VERSKAF
LINKS: Die grondplan van Bushtec Safari se Glamp Cabin1-tent.
BO: Dit is nie nodig dat luuksheid in die slag moet bly wanneer jy kampeer nie. Bushtec Safari bied vyfsterger­iewe aan enigiemand wat van kampeer én luukse geriewe hou. FOTO’S: VERSKAF LINKS: Die grondplan van Bushtec Safari se Glamp Cabin1-tent.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa