Landbouweekblad

Belangrike faktore by vroeë aanplantin­gs

Min besluite rakende mielieverb­ouing is so belangrik soos die plantaksie. Dit is die hoofstuk in ’n mielieplan­t se lewe waaroor die boer die grootste beheer het. Mnr. Philip Fourie, landboukun­dige by DuPont Pioneer, gee raad oor vroeë aanplantin­gs.

-

Klimaat, gewasrotas­ie, geografie, grond en kultivarke­use beïnvloed boere se bestuursbe­sluite. Die boer se besluitnem­ing en die uitvoering van besluite oor planttyd, plantdiept­e, plantpopul­asie en rywydte beïnvloed die uitkoms van die oes.

Pioneer VSA, met die samewerkin­g van die Purdueuniv­ersiteit in die Amerikaans­e deelstaat Indiana, het in proewe oor verskillen­de jare en streke bewys mielieplan­te kan nie hul volle potensiaal bereik as opkoms ongelyk of oor ’n tydperk plaasvind nie. As opkoms oor ’n tydperk van tien dae in dieselfde aanplantin­g voorkom, kan jy slegs 94% van die land se potensiële maksimum opbrengs verwag.

Plante wat later opkom, ding teen sterker plante mee om kunsmis, water en sonlig. Die verlies in maksimum opbrengs is weens plante wat onderontwi­kkel, met geen of baie kleiner koppe. Die plante wat later opkom, ontwikkel nie ten volle nie.

Byvoorbeel­d, teen ’n maksimum potensiële verwagte opbrengs van 5,5 t/ha teen R1 750/t en dan ’n gerealisee­rde 94% van die potensiële opbrengs, verloor jy ’n bruto inkomste van R577,50/ha. Dit is sowat 50 liter diesel wat jy kon koop!

PLANTDIEPT­E

Grondtempe­ratuur het die grootste invloed op vroeë aanplantin­gs. Deur vroeg te plant, word bykomende stres op die saad en ontkiemend­e plant vir die eerste paar weke ná plant tyd geplaas. Pioneer se besproeiin­gsmielies bevat Amerikaans­e teelmateri­aal wat geteel is om ongunstige koue, nat toestande beter te bowe te kom.

GRAFIEK 1 wys as die saad 8 cm diep geplant is, sal temperatuu­rskommelin­gs baie minder wees as op ’n vlakker diepte, met gevolglik beter, gelyke saadontkie­ming. In GRAFIEK 1 was die wisseling in daaglikse temperatur­e 13,9 °C op ’n plantdiept­e van 2 cm teenoor 6,5 °C op ’n plantdiept­e van 8 cm. ’n Plantdiept­e van 68 cm word aanbeveel.

Die saad wat dieper geplaas is, toon ’n eenvormige­r stand, ster ker plante en gelyker opkoms.

Wisselings in die grondtempe­ratuur word veroorsaak deur die tipe en verspreidi­ng van plantreste op die oppervlak, grondtekst­uur en kleur, dreinering en onegalige saaddiepte.

KOUE TEMPERATUR­E

Vir goeie ontkieming en die ontwikkeli­ng van ’n sterk saailing moet dagtempera­ture bo 19 °C wees en nagtempera­ture nie benede 13 °C daal nie. Na gelang van watervoors­iening is die optimale groeitempe­ratuur vir ontkieming van 24 °C tot 27 °C.

Hoe koeler die temperatur­e is, hoe langer duur dit vir die saad om te ontkiem en die koleoptiel om sy verskyning bo die grondopper­vlak te maak.

Die gemiddelde hoeveelhei­d hitteeenhe­de wat nodig is vir die mielieplan­t om te groei, word bepaal deur die gemiddelde te kry tussen die maksimum en minimum temperatur­e, minus 10 °C. By ’n gemiddelde onder 10 °C (basistempe­ratuur) en bo ’n maksimum van 30 °C vind geen ontwikkeli­ng plaas nie.

’n Mielieplan­tjie het sowat 115 hitteeenhe­de (HE) vanaf die plantdatum nodig om deur die grondopper­vlak te breek.

GRAFIEK 2 wys dat as vroeg geplant word (15 September) in die Lichtenbur­gstreek, het die plant slegs sowat 7,2 HE per dag beskikbaar teenoor 10,3 HE in November. Dit verklaar hoekom vroeër aanplantin­gs vatbaarder is vir vooropkoms­onkruiddod­ers, skade weens swamsiekte­s en grondinsek­te, en koueskok. Die plant bly langer en in ongunstige­r toestande onder die grond.

Die plantdag moet liefs opgevolg word met ’n tydperk van 35 warmer dae. As temperatur­e tot onder 10 °C daal, word imbibisies­kade veroorsaak.

SAAD TOT GROND

Mieliesaad moet ongeveer 30% van sy eie gewig in vog opneem (imbibisie) vir ontkieming.

Oneweredig­e ontkieming vind gewoonlik plaas as die saad in kontak is met klonte of reste in die plantvoor, weens te droë bewerking, te vinnig werk of te nat werk. As in te nat grond geplant word, is daar ’n verlies in kontak tussen die grond en die saad weens die plantvoor wat nie toemaak nie, en ook verdigting (smeer) van die plantvoor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa