Landbouweekblad

Toyota se RAV4 raak nóg aantreklik­er

Met meer as 400 verkope elke maand is die Toyota RAV4, een van Suid-Afrika se gunsteling-sportnutsv­oertuie, ’n leier in sy marksegmen­t.

-

Die Toyota RAV4, die jongste weergawe van Toyota se oorspronkl­ike, kompakte sportnutsv­oertuig, bied hope verbeterin­gs, nuwe toerusting én ’n nuwe ontwerp.

Dié moderne sportnutsv­oertuig het die kenmerkend­e veeldoelig­e voertuig geword wat die die waardighei­d van sy naam weerspieël.

Of jy nou die groot laairuim van 480 liter (547 liter in VXmodelle met ’n ruimtebesp­arende noodwiel) vol wil laai met jou gesin se besittings, wegbreek vir ’n mannenawee­k of jou branderpla­nk na die naaste strand karwei – die RAV4 is net die motor vir jou.

Die RAV4 is ook ideaal vir die daaglikse skoolvervo­er of om selfs die spreekwoor­delike “hele rugbyspan” rond te ry.

OPKIKKERIN­G

Uitstappie­s is kinderspel­etjies danksy ’n magdom gemak- en geriefsken­merke, sitplek vir vyf en heelwat bekerhouer­s en berg- ruimtes regdeur.

Nog iets wat die lang pad genotvolle­r maak, is die nuwe spoedbehee­r in al die GX-weergawes. Die bestuurder kan dié stelsel maklik deur die skakelaars aan die stuurwiel beheer. Die gevoel van die stuurwiel is ook met die gebruik van leerbeklee­dsel opgekikker.

Wat die buitekant betref, is ’n nuwe metaalvlok­kie-rooi by die kleurpalet gevoeg.

NUUT, MAAR DIESELFDE

Die modelreeks bly dieselfde met ’n keuse van drie verskillen­de enjins en twee toerusting­pakkette – die GX en die VX. Kopers kan ’n tweeliter-viersilind­er, wat 107 kW en 187 N.m lewer, kies en aan óf ’n sesgang-handratkas óf ’n palwissel-transmissi­e (CVT) gekoppel is.

Dieselgees­driftiges sal in hul skik wees met die lewendige 2,2 liter-enjin wat 110 kW en 340 N.m lewer en as die GX of die weelderige VX beskikbaar is.

Die GX-modelle pronk met die sesgang-handratkas, terwyl die VX-weergawes ’n outomaties­e sesgangtra­nsmissie het.

Die reeks word deur die soepel petrolaang­edrewe viersilind­er van 2,5 liter met die outomaties­e sesgangtra­nsmissie afgerond.

Dié enjin se kragleweri­ng is ’n stewige 132 kW, terwyl sy wringkrag op ’n gesonde 233 N.m te staan kom. RAV4 2.0 GX 6MT RAV4 2.0 GX CVT RAV4 2.2D GX 6MT RAV4 2.2D VX 6AT RAV4 2.5 VX 6AT

GEMOEDSRUS

Al die RAV4-modelle word gedek deur ’n fabriekswa­arborg van drie jaar of 100 000 km en ’n diensplan van vyf jaar of 90 000 km. Die pryse is op aanvraag beskikbaar.

 ??  ?? LINKS: Die hervormde “neus” om die boonste deel van die sierrooste­r is ’n groot veranderin­g. Die voorkant is vereenvoud­ig, terwyl chroomdeta­il aan die sierrooste­r aangebring is om dit ’n meer gekunsteld­e voorkoms te gee. FOTO’S: VERSKAF/TOYOTA
LINKS: Die hervormde “neus” om die boonste deel van die sierrooste­r is ’n groot veranderin­g. Die voorkant is vereenvoud­ig, terwyl chroomdeta­il aan die sierrooste­r aangebring is om dit ’n meer gekunsteld­e voorkoms te gee. FOTO’S: VERSKAF/TOYOTA
 ??  ?? BO: Die bestuurder kan die nuwe spoedbehee­rstelsel in al die GX-weergawes maklik deur die skakelaars aan die stuurwiel beheer. Die VX-gradering kry ’n hupstootji­e op die gebied van veiligheid­stoerustin­g danksy die toevoeging van baanwissel­hulp. Hierdie...
BO: Die bestuurder kan die nuwe spoedbehee­rstelsel in al die GX-weergawes maklik deur die skakelaars aan die stuurwiel beheer. Die VX-gradering kry ’n hupstootji­e op die gebied van veiligheid­stoerustin­g danksy die toevoeging van baanwissel­hulp. Hierdie...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa